Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 14/05/2021

Scroll to top

Top

Oor nuut kyk

Oor nuut kyk

– Liesl Cronje

Ek gesels met Erica Heunis, sy vertel dat sy in 2016 saam met ‘n vriendin by ‘n SG vroue saamkuier oggend was. Dit was ‘n oggend vol stories waar ons net geluister het na mekaar en uiteindelik elkeen ons eie ses-woord-storie neergeskryf het. Sy was nie vooraf lus om te gaan nie. Sy was nie lus vir die lewe nie. Sy het nie haar eie storie se verloop verstaan nie. Sy het nie energie gehad om ander se stories te probeer verstaan nie. Sy het net krag gehad om meer en meer mure om haarself te bou.

Maar toe help haar wéés by die oggend haar om nuut te kyk na haarself en die kringmuur rondom haar. Sy sê die muur was baie hoog. So hoog dat niemand by haar kon uitkom nie. Dit moes haar veilig hou en ver van ander af. Sy wou nie meer die muur hê nie, sy wou dit afbreek, steen vir steen.

Erica het uiteindelik in 2019 die ‘Great Wall of China’ half marathon gehardloop om die lewe te vier. “Die roete van ons lewens is nie ‘n alleen pad met hoë geboude mure nie, dit sluit ook die ander kant van die afgebreekte mure in, die gemeenskap van mense, wat ons padlangs aanmoedig”, sê Erica.

Op 9 Maart 2020 het sy die ‘Wall Foundation’, ‘n nie-winsgewende organisasie begin, wat intensioneel fokus op die skep van veilige fisiese spasies vir individue. Die restorasie projekte wat Erica nou deur middel van hierdie organisasie aanpak, bring hoop en heelheid vir ander wat binne hierdie spasies beweeg. Lees haar volle storie in die aanlyn SG-storie versameling http://www.sg.org.za/sg-stories-n-versameling/op bladsy twintig.

By Stellenbosch Gemeente glo ons as vroue dat dit Christus is wat ons nuut laat kyk, sodat ons ons eie ‘hier’ kan raaksien, intensioneel kan leef en uiteindelik kan aangee aan ander, en aan dit wat anders is. Ons weet, ons lewens beteken iets, en ons is dankbaar daarvoor.

Onthou die volgende vroue-oggend op 29 Mei met die tema: Nuut kyk. Bespreek jou plek by groei@sg.org.za