Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 14/05/2021

Scroll to top

Top

Oor jou lied

Oor jou lied

Sy word elke oggend wakker met ‘n lied in haar hart en dan sing sy dit. Behalwe vir die twee dae nadat sy uit die hospitaal ontslaan is. Toe het sy nie gesing nie. Ek wonder of die dokters haar lied uitgehaal het tydens die hart operasie, sodat sy eers ‘n nuwe een moes soek daarna. Of dalk was die ou lied steeds daar, maar het ‘n bietjie gerus in die een hartkamer. Net ‘n neurie.

Ek moes ook êrens hierdie jaar soek na my lied. Toe die verandering nie wou ophou nie en my hart te vinnig geklop het, het ek die wysie vergeet. En toe groot uitdagings voor ons deur kom staan en ek die onreëlmatig ritme in my bors voel, het ek die woorde vergeet. Dit was eers toe ek onthou dat aardse besittings my nie gelukkig kan maak nie en dat gesondheid, en liefde van die mense om my ‘n lieflike seën is, dat ek weer my lied kon onthou. Die lirieke is baie bekend, jy sal dit ken. Dit sê maar net: “ … dankie, dankie, dankie, dankie …”

Daarom dan, dankie, dankie, dankie, dankie vir elke vrou wat hierdie jaar ingeskakel het by die SG vroue dinkgroep. Dankie aan elke vrou wat een van ons vroue ‘events’ (aanlyn of in persoon) bygewoon het. Dankie vir elke jong studente vrou wat studente werkswinkels bygewoon het, en dankie vir elke glimlag, briefie, saamwees en saamhoop gebed wat ons ontvang het. Mag jy ‘n geseënde feestyd hê! En my nuwejaarswens vir jou is dat jy joú lied weer sal onthou, en dit dan voluit sal sing vir ander, sodat hulle hoop kan kry vir die nuwe jaar.

Liefdegroete

Liesl