Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 13/05/2021

Scroll to top

Top

[ storie ] Oor hier se kleur

[ storie ] Oor hier se kleur

 

deur Liesl Cronje

My hier is blou. Deurweef met sagte blou en donkerblou en grysblou en ‘n bietjie wit. My hier se soom is geborduur in patrone van diep blou granate, met klein klokkies wat klingel as ek loop. Ek het nodig gehad om weer herinner te word aan my hier en hoe heilig dit is.

Die pas afgelope Saterdagoggend het my en ‘n paar ander vroue gehelp om ons ‘hier’ raak te sien. Alhoewel ons eerste vrouekuier weereens in die SG Zoom-sitkamer gebeur het, was dié interaktiewe oggend ‘n rustige herinnering aan elkeen van ons se eie konteks en omgewing en hoe dit uiteindelik oorspoel na dié rondom ons.

“Ek is so geïnspireer deur almal vandag. Ek voel net weer geroep tot my rol in vrouwees”, sê een vrou. ‘n Ander een sê: “Iets se doel kan dus net wees om mooi te wees, en dis genoeg om vir God eer te gee”, “dit was ‘n spesiale tyd”, sê ander en “ek kon nie glo hoeveel kreatiwiteit die oggend in my losgemaak het nie!  Dit was soooo waardevol” sê nog ‘n ander.

Na ons saamkuier kon ek sien dat my ‘hier’ blou is, maar ander sin groen of pienk of bont. En dit is goed so, want dit is *Christus, wat ons nuut laat kyk, sodat ons ons eie ‘hier’ kan raaksien, intensioneel kan leef en kan aangee aan ander en aan dit wat anders is.

-Liesl Cronje-

*SG vroue se visie vir die jaar.

As jy ‘n ‘hier’ oefening wil doen, lees Exodus 26 en Exodus 28: 31-42. Watter kleure en teksture lees jy raak in hierdie gedeeltes? Watter van hierdie kleure en teksture sien jy in jou eie omgewing?