Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 14/05/2021

Scroll to top

Top

Gespreksgeleentheid vir ouers met tieners

Gespreksgeleentheid vir ouers met tieners
Voordat jy ’n motor mag bestuur moet jy eers ’n lisensie kry, maar wanneer jy kinders wil hê is daar geen toetsie, lisensie of eksamen nodig nie.

Nogal ’n scary gedagte.

Veral as daardie oulike klein mensie, wat jou outoriteit altyd gelate aanvaar het, in ’n tiener verander en nie net jou reëls uitdaag nie maar sommer ook jou gewoontes en menswees. “Hoe in die lewe het ons hier gekom?” vra menige ouers wat rolmodelle in elke opsig was.

Ontspan, dis meer normaal as wat jy dink. Ons tieners se ontwikkeling is ’n wonderlike proses met ’n bedekte seën vir ons eie ontwikkeling. Dis eintlik heeltemal ’n geskenk, maar ons kan dit maklik mis, want ons kry skaam dat ons sukkel! So onttrek elkeen in sy hoekie en probeer net cope, hierdie coping vat ons gewoonlik meer terug…as vorentoe.

Kom ons ouers gesels ’n slag saam. Kom ons deel frustrasies asook wat ons daarmee kan maak. Kom ons lag vir daardie oomblikke toe ons self lekker belaglik was en dan vergewe ons onsself. Kom ons ontdek dat die tiener-reis vol drama en energie is maar ook ’n ongelooflike proses is wat stunning jong volwassenes oplewer.

Hierdie eerste gespreksgeleentheid gebeur:
Sondagmiddag 2 Mei
17:00 – 19:00
Laerskool Stellenbosch Klubhuis
Koste: R50
Ek sorg vir kaasborde met lekker wyn of sap.

Hoop julle kan saam kom gesels.
Laat weet vir Deon – deon@sg.org.za of 083 959 5880