Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 13/05/2021

Scroll to top

Top

Gemeentekamp 12-14 Maart

Gemeentekamp 12-14 Maart
ONS GAAN KAMP – 12 TOT 14 MAART
Het jy nodig om die inperking uit jou lyf te skud? Hierdie is die ideale geleentheid om in die natuur te kom en veilige buitelug kuier te geniet.
Dit is ook die perfekte plek om nuwe vriende te maak en lekker te ontspan.
Ons hou elke jaar ’n gemeentekamp wat ’n wonderlike gesellige ervaring is.
Vanjaar is dit sommer naby, net oor die berg en hierdie kampterrein beskik oor elektrisiteit sowel as ’n gastehuis op die plaas indien iemand nie so gemaklik met kamp is nie. Die gastehuis sal julle net self moet bespreek omdat dit nie deel van die kampterrein bespreking is nie.

Die Watergat kampterrein naby Rawsonville van 12 tot 14 Maart
Kampfooi: R250 per persoon en R150 per kind vir die naweek
Almal bring eie kamptoerusting en kos.

Laat weet of julle saam kamp en of julle die besonderhede van die gastehuis benodig.

JA! ONS WIL SAAM GAAN KAMP