Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 24/05/2022

Scroll to top

Top

Gesprekke

Gesprekke
SIN-VOL: KOM DEEL IN TRANSFORMERENDE GESPREKKE
Ons huidige preekreeks, SIN-VOL, fokus op die gesprekke wat Jesus met gewone en buitengewone mense gehad het. Hierdie gesprekke was dikwels tranformerend: dit het mense se perspektief verander, het hulle insig gegee in wie God, wie hulle sélf is, en het dikwels gelei tot verlossing en genesing.

Ons is oortuig dat sinvolle gesprekke met mekaar dieselfde potensiaal inhou. Dit kan ons transformeer: dit help ons om die woorde te vind waarmee ons realiteit beskryf kan word, dit gee nuwe perspektief, dit inspireer, dit skep empatie vir mekaar.

Ons gaan tydens hierdie preekreeks (en hopelik daarna steeds) ’n reeks gesprekke inisieer. Ons wil jou uitnooi – dalk selfs uitdaag – om hieraan deel te neem. Eerstens aan die weeklikse gesprek wat jy op jou eie tyd en inisiatief met iemand anders voer. Maar tweedens aan die gestruktureerde gesprekke rondom ’n gedeelde konteks of lewenservaring. En dan is daar ook ’n geleentheid om jou eie gesprekstema te inisieer, waarheen ons ander kan nooi.

(Gaan hier direk na die googleforms-dokument vir die opsomming en keuses)

Onderwysers // Ondersteun – Inspireer // 8 Junie 19:00

Ons nooi alle onderwysers om hul unieke ervaring binne uitdagende tye te deel met ander wat ook op hierdie speelveld werk en leef, en mekaar op hierdie wyse te ondersteun en te inspireer.

[ Ek wil saam gesels ]


Dokters // Ondersteun – Inspireer // 22 Junie 19:00

Ons nooi alle dokters om hul unieke ervaring binne uitdagende tye te deel met ander wat ook op hierdie speelveld werk en leef, en mekaar op hierdie wyse te ondersteun en te inspireer.

[ Ek wil saam gesels ]


NPO-bestuurders // Ondersteun – Inspireer // Maandeliks

Hierdie groep het ‘n rukkie gelede, een keer per maand, saam om ‘n tafel begin sit. As jy ‘n bestuurder in die NPO-wêreld is, nooi ons jou om deel te raak van hierdie groep wat mekaar ondersteun, inspireer en stories deel.

[ Ek wil saam gesels ]

Ouers van Tieners // It takes a village // 13 Junie 17:00

Dié van ons wat die voorreg het om tieners te begelei deur die landskap van adolessensie het dikwels die volgende gedeelde ervaring: ons suffer in silence! Kom ons begin praat, en ontdek dat ons inderdaad nie alleen is nie.

[ Ek wil saam gesels ]


Afgetredenes // 23 Junie 10:00

Dis verbasend dat ons ’n leeftyd het om onsself voor te berei om hierdie unieke lewensfase, maar dat dit ons dikwels onkant betrap. Kom gesels saam oor die lekker en die uitdagings.

[ Ek wil saam gesels ]

 

Ouers van Laerskoolkinders  // Launching Rockets – 20, 27, 4 Jul

 

SAAMDINKGROEP VIR VROUE
Hierdie groep is vir jou as jy: Nuwe idees wil toets oor ‘n bestaande of nuwe besigheidskonsep | As jy vasgevang voel in jou werksituasie waar jy nou is en iets nuuts wil probeer | As grendeltyd veroorsaak het dat jy nuwe werk moet vind en jy weet nie waar om te begin nie | As jy ‘n nuwe saamdink network kort | As jy maklik aan nuwe idees kan dink en graag saam met ander wil dink aan nóg idees.  Meer inligting hier onder…[ Laat weet ons hier ]


RELEVANSIE VAN KERK // HOE LYK KERK VANDAG?
saam met André
Die landskap van kerk het met elke era van die wêreldgeskiedenis geskuif. Daar was reeds merkbare skuiwe aan die gang vóór Covid-19 ons getref het, maar hierdie pandemie het  hierdie uitdagings en veranderinge versnel. Ons wil regtig graag met jou in gesprek gaan oor die vraag: hoe posisioneer ons as gemeente onsself binne hierdie veranderende landskap? Hoe beleef jy die impak?

Wat is ons roeping en relevansie?

Gesels saam ]


EKONOMIE // GOD EN DIE MARKPLEIN
saam met Pieter
Gesels saam ]

’n Geleentheid om jou eie gesprekstema te inisieer, waarheen ons ander kan nooi.  Waaroor wil jy gesels?

[ Laat weet ons hier ]

Byvoorbeeld:

RESILIENCE WERKSWINKEL

Een van ons lidmate, Tish Els (’n geregistreerde berader) voltooi tans ’n Honneursgraad in Sielkunde by Cornerstone Instituut. As deel van haar praktiese ure bied sy ’n gratis werkswinkel aan in resilience. Dié werkswinkel is daarop gemik om jou die vaardighede te gee om jouself holistiese te versorg deur resilience te ontwikkel.

Kliek vir meer / Kontak Tish ]