Werkswinkel | You are what you love
WERKSWINKEL | YOU ARE WHAT YOU LOVE |
|
Gideon begelei ons deur die beginsels van James Smith se bekende boek oor die loop van twee Saterdag-oggende.
Kom raak bewus van: hoe jou begeertes/liefdes jou lewe beïnvloed en beheer; hoe die kultuur ons liefdes vorm deur dit subtiel te beïnvloed deur sekere rituele en boodskappe; hoe jy op ’n reis kan gaan om jou hart/begeertes/liefdes doelbewus te kalibreer met God se lewegewende beweging deur die eeu-oue beginsel van gewoontes, ritmes en rituele. Hierdie is ’n diep sielvolle reis met praktiese lewensveranderende uitkomste. Kleingroepe kan dit gerus ook saam kom bywoon en vanuit die werkswinkel verder saam hiermee op reis gaan.
Volg die skakel na ‘n kort video waar James K.A Smith self vertel oor sy boek. |
|
|