Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 19/07/2018

Scroll to top

Top

Werkswinkel | Vlerke vir gesinne met ‘n Gr 11 of 12

Werkswinkel | Vlerke vir gesinne met ‘n Gr 11 of 12

Die werkswinkel is vir ouers van tieners in Graad 11 en 12, ouers en tieners doen die werkswinkel saam.

’n Graad 11 leerder ervaar baie uitdagings rakende toekomskeuses. Dit kan maklik voel asof ouers te veel van hul kinders verwag en op 17 jarige ouderdom voel meeste tieners nie toegrus om groot besluite oor hul toekoms te maak nie. Die Vlerke-kursus bied ’n geleentheid vir tieners en ouers om opnuut te leer kommunikeer en luister na mekaar. Dit was wonderlik om te sien hoe ouers en tieners deur die kursus ’n beter verstaan van mekaar kry en hul veranderende verhouding begin vier eerder as dat hulle mekaar mis kommunikeer.

By SG is ons sterk oortuig dat die verhouding tussen ouers en kinders die kragtigste manier is vir geestelike vorming en verreiking. Daar is so baie dinge om oor God te leer net in hierdie een dinamiese verhouding.

Een van die uitdagings is om toe te laat dat die verhouding ontwikkel soos wat die kind ontwikkel. Ouerskap-Mentorskap-Vriendskap.  Daarom bied ons ‘n groei geleentheid wat spesifiek fokus op die skuif. Hoe skuif ons verhouding met ons tiener vanaf mentorskap na vriendskap soos wat hy/sy in die volgende lewensfase inbeweeg?

  • Datums: Sondae 15 Mei | 22 Mei | 29 Mei & 5 Junie
  • Tyd: 11:30 – 13:00 (ons bied middagetes aan, waar almal saam sit en kuier!)
  • Kostes per gesin: R250
  • Middagetes is opsioneel teen R40 per persoon en kan teen ‘n Donderdag bespreek word, betaling hiervoor na afloop van die 4 weke

Navrae en registrasie: Sandra – groei@sg.org.za