Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 22/09/2019

Scroll to top

Top

Werkswinkel | Designing Your Life / Jou volgende 5 jaar

Werkswinkel | Designing Your Life / Jou volgende 5 jaar
WERKSWINKEL |
DESIGNING YOUR LIFE | ONTWAAK VIR BETEKENIS
In ’n kompeterende werkskultuur met ’n ekonomie wat goed onder druk is, verloor ons maklik perspektief op die lewe en voel al meer gefragmenteerd en uit voelling met onsself. Gevolglik is baie van ons vasgevang in ’n meedoënlose roetine wat jou lewe absorbeer met simptome soos uitbranding, angs, uitsigloosheid, frustrasie om maar net ’n paar te noem.

Gideon begelei ons deur Bill Burnette en Dave Evans se lewensveranderende boek oor die loop van ses weke. Dit is ’n heerlike deelnemende reis van self-ontdekking en -evaluering wat jou begelei om empaties en baie prakties na jou lewe (werk, gesin, self…) te kyk en weer te fokus vir die volgende hoofstuk van jou storie. Gaan loer gerus na hierdie video snitte indien jy die beginsel agter die werkswinkel wil verstaan. 

Die werkswinkel bestaan uit 6 sessies, almal moet sover moontlik bygewoon word:

  • Maandae 3 & 10 Junie
  • Maandae 8, 15, 22 & 29 Julie om 18:30—21:00 

R600 per persoon (boek, notas en verversings ingesluit)
[ Registrasie sluit Donderdag, 30 MEI ]