Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 06/06/2020

Scroll to top

Top

Wees ‘n halfhartige vegter

Wees ‘n halfhartige vegter

deur Pierre du Plessis

Kyk, ek is seker meeste van ons het al met die Crossfit fenomeen te doen gekry. Vriende wat blitsvinnig vir jou sal sê, ‘Nee, jy sien, ek doen mos nou Crossfit…’ As jy nog nie het nie, hulle is maklik om uit te ken, hulle dra gewoonlik ook Crossfit T-hemde en is geneig om Paleo (dis nou soos ’n oer-mens… rou groente, vleis, neute, soms ’n vruggie) te eet. Crossfit is fantasties, vanuit my oogpunt druk dit jou hoër, verder, sterker, groter, langer, en vinniger.

Dan is ek seker ons almal het al ook die Maandagoggend inspirerende Facebook post gesien. Gewoonlik ’n mooi natuur-toneel of ’n baba met ’n snaakse uitdrukking met dan iets bo-oor geskryf soos ‘Vat hierdie week vas!’ of ‘Jy sal dit maak , jy is die beste’ of iets soos die.
Ek hou self van oefen, so ek het niks teen Crossfit of enige ander fanatikus nie, of motiverende post of FB nie… Ek skryf hulle self ook soms. Ons samelewing moet wen, ons vereer wenners. Ons moet die CEO wees teen 28, ons moet Springbok wees teen 20. Die kar, die huis, die huwelik, die begaafde kinders…

Vinniger, hoër, sterker (Citius, Altius, Fortius). Reg?

Ek lees toe die, op Facebook van alle plekke, die week… Dit is ’n deel van ’n paragraaf van die skrywer Edward Abbey:
“One final paragraph of advice: do not burn yourselves out. Be as I am — a reluctant enthusiast… a part-time crusader, a half-hearted fanatic. Save the other half of yourselves and your lives for pleasure and adventure. It is not enough to fight for the land; it is even more important to enjoy it. While you can. While it’s still here. So get out there and hunt and fish and mess around with your friends, ramble out yonder and explore the forests, climb the mountains, bag the peaks, run the rivers, breathe deep of that yet sweet and lucid air, sit quietly for a while and contemplate the precious stillness, the lovely, mysterious, and awesome space.”

Laat my toe onmiddellik dink aan die teoloog Augustinus, wat gesê het
“The chief purpose of man is too love God and enjoy him forever.”

Die ironie is dat ons (ek) so obsessief is daaroor om te wen, selfs die wêreld vir God te wen, dat ek heel vergeet en dit heel mis om God te geniet. Om sy skepping te geniet, my vrou en my kinders te geniet. Ek is mos nou besig om die leer te klim (selfs die kerk leer), en ek volg mos nou my roeping…

Jou roeping is om God te geniet, so klim ’n slag van die leer af en gaan lê in die lang gras saam met jou geliefdes, daar sal jy God sien.

Bron: http://blog.ekerk.org