Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 27/08/2016

Scroll to top

Top

Warm sjokolade & handgranate: ‘n Mosambiek storie – Jeanette Barry

Warm sjokolade & handgranate: ‘n Mosambiek storie – Jeanette Barry

Jeanette Barry (27) Stellenbosch, dosent by The Private Hotel Skool

“Inreik…Om jouself deur n nuwe raamwerk van God, Sy mense en Sy skepping te her besoek, soms te ontwortel en soms te bevestig.” – Operation Love 

Genugtig ‘n glas rooiwyn sal nou handig te pas kom, want waar begin mens om die 14-dae Mozam avontuur volgepak van lewenslesse, belewenis na woorde op papier? Dit gaan my eerste joernaalinskrywing wees in my 27-jaar…so ek dink om te begin, kry maar vir jou ‘n glas en skuif die bottel rooiwyn nader, want die eerste inskrywing gaan genoeg “bumps and bruises” hê.

One way to get the most out of life is to look upon it as an adventure.” – William Feather

Ek het grootgeword tussen oupas, oumas (en ouers) wat campers huur en die wêreld rondrits tot in hul laat sewentigerjare; so om uit my gemaksone te wees, rigting aan te vra en te verdwaal was niks nuuts – die voorbeeld was daar! Op laerskool is my ouers vir tot 6-weke weg op Europese toere, natuurlik met ons hoogtepunt om elke week ‘n geskenkie oop te maak. Op 14 is ek saam met Die Burger se JIP-toere deur ons buurlande waar ons die eerste week reeds ‘n Land Rover afgeskryf het en die hele Nam-Botswana beurte gemaak het om agter op ‘n Isuzu te ry. As tiener is ek met gebroke Engels, 2-Duitse woorde vir ‘n maand Hamburg toe (LW: Engels was beperk in die Klein Karoo tot die vakhoof jou dwing om mondeling te praat). Avontuur is deel van die Vredelus Barrys se lewe of dit nou ons ouers was wat valskerm spring, pa wat vloedwaters aandurf met ‘n kano, vriende red nagtelike ure in die Swartberge, ons vele volmaanritte op ongetemde perde, te vroeg leer motorfiets ry tone wat skaars die grond kon raak..heining het ons gemis, takke het ons geskraap en te gereeld moes ek ‘n flooded motorfiets terugstoot. ‘n Uurglas en geleende tyd het gou betekenis gekry toe ek my hero, my pa, ‘n week voor Kersfees 1997 verloor, opslag dood toe ‘n perdehoef hom op sy karotis arterie getref het – weereens ons Barrys ‘n liefde vir mens,  dier, natuur en avontuur…

Nou dat ek vinnig gou ‘n paar buitelyne van my 27-jaar geskets het en sommer my joernaal op datum gekry het kan ek met Mozam begin.

Weke voor ons vlug na Johannesburg, het ons awesome leiers (Francois, Jaco, Philip en Marius) met ons voorbereiding begin, hoe om te pak, wat om te verwag en om die ys te breek. Ek was redelik onseker oor ons groep;  diverse van vakgebied, dertien jaar verskil in ouderdomme, beperkte kampervaring (sommiges geen ‘long drop’ tegniek), kersie op die koek ‘n ‘sielkundige’, ses teologie studente en handvol ingenieurs  almal in een bus!

Met betrekking tot ‘n bus kan ek nou regtig nie sê want die definisie sal wees nie…”a large motor vehicle carrying passengers by road, on a fixed route”… “large” ja, groot genoeg vir 60-insittendes, “carrying passengers by road”…doodseker dit sluit in meer ‘off-road’ en deur potholes en “fixed route” – gits ons het al verdwaal 5-minute nadat ons OR Tambo verlaat het. Soos Corine sou se: “twee weke op in donker Afrika en ons busbestuurder sukkel om uit sy eie omgewing te vertrek, geen GPS tot ons redder”. Hoe meer ek my 27-jaar ‘ontleed’ – seker tot Francois se trots (hoe ironies sy Twitter naam: “@findingFrancois” hy was die een leier wat seker die meeste wou hê ons moet onsself vind, stil word en reflekteer selfs al sluk ons seewater in Tofo se branders, want as hy sê kom ons hou mekaar vas, kringetjie en reflekteer, dan wil hy sowaar reflekteer.

Die bustema in my lewe kan sommer begin met ‘n gesin van 6; jy sien nooit ‘n dubbelkajuit bakkie en Mercedes-Benz nie, nee ons het deur die Isuzu-, Toyota- en Volkswagen bussie fases gegaan tot Matriek. In Egipte 2007, Dahab terug na Kaïro het ek die eerste keer weermagmanne en konvooi beleef nadat rebelle by Berg Sinai mense begin ontvoer het, 2008 is ek in Kambodja op die plaaslike ‘busdienste’ bederf/bedien met rou eiers, diepgebraaide krieke en tarantulas, 2009 geen busdienste tot my beskikking in Isle of Skye dus was dit 6 maande van duimgooi, 2010 gaan kook ek vir die Swazi koning Mswati III en moet BazBus my daar kry…24uur later, Transkei deur!

Natuurlik waar LOVE MOZ te sprake kom, kan ons oorgaan in oortreffende trap want die Mozam toer begin amper sonder spaarwiel, die bus het jou tuiste geword, dag-in, nag deur of ons nou beweeg of kilometers aflê wou ons later nie eers meer aanvaar as vanselfsprekend nie, want tussen deur het die wiel gebars, sonder petrol gaan staan, reverse teen boom of battery wat afgeloop. Volmaan, sonsopkoms, ‘Sex God’ van Rob Bell word voorgelees, Ninja toets ons reflekse, off-road word ons “loopplank” van vele fotosessies, kosbare ure van gehegte vriendskapsbande begin broei, bus word teiken van ‘n bygaande Afrika-tante se gewigstoot vermoë en voorruit kry karakter.

Smokkel ‘n bondel liefde, rebelle in die nuus, kruispaaie met militêre konvooi en pao brode wat vertroosting en hongerpyne demp, gemaksone reeds aan die verduistering en finale bestemming nog nie eers insig.

Oom Francois, tannie Alta (en beskermde engele) verwelkom ons met ope arms, dankgebed en pootuit. Kopliggies ‘check’ en groot uitpak begin, opslaan van tente, soeke na warm water, vreugdevuur en geskarrel in kombuis.

Roetine sou ek dit graag wou noem, maar so woord moet nog sy bestaan en betekenis in Mozam vind want behalwe vir ons 6.30am blikbord-wekker, 7am Bybelgodsdiens saam met die Vanduzi plaasmanne en laat nagte se gesels om die vreugdevuur is waar ‘roetine’ gestop het. Tydens ons plaas oriëntering vind ons gou die  betekenis van “Go deep not wide. Go time, not money. Go long term not short term.” – #operationlovemoz.wix.com/main

Dag 1 tref ons al hard die grond; waardering, blydskap, liefde en ongeloof kry ’n nuwe betekenis terwyl Andy saam die ASAM donateurs, ‘n waterpomp oorhandig. Die ontvanger, met ‘n Colgate glimlag nooi ons na sy hut, net om later uit te vind, hy wou graag vir ons almal Fanta probeer gee om sy dankbaarheid te toon…x30 Fanta’s vir ons??? …en die middeljarige man kry vir die eerste keer in sy lewe die geleentheid om ‘n tuinslang vas te hou. Hoe regverdig ons, ons lewe en besittings?

My hart word gesteel deur elke weeskindjie in die omliggende gebiede van Manica, ‘n klein dorpie wes van Chimoio. Ons is in groepe opgedeel om drie weeshuise te gaan verf terwyl die ander groep Joao, oom Francois se regterhand, se huis verf en vensters in te sit.

Weereens die eenvoudige taak om te verf word een van my hoogtepunte. Die weeshuis konsep en fondasie word gelê op: “elkeen moet ‘doel’ in die lewe hê”. Oom Francois-hul kies vrouens uit die gemeenskap wat hul gesinne verloor het deur vigs, siektes en oorloë. Elke weduwee kry ‘n huis met ‘n paar kinders, so kry die vrou weer die doel as voog, versorger, moeder en beskermer. Wesies ontvang liefde, kry ‘n gesin en leer om huistakies te verrig, trots en ‘n doel in die lewe te kry. Met ons onhandigheid en onkunde van verftegniek vind die kinders gou spatsels verf op die grond en begin die mani- en pedicures die lig sien.

Sokkerwedstryde op dorre klipbank, gewigstoot met klippe, hoogspring sonder matrasse, sit hand by grondslagfase met skryf van alfabet, vroteier, pomp en dra van 20lt-waterkanne, opskep van middagetes, dans op landingstrook onder die sterre, warm sjokolade en stokbrood om kampvuur, handgranate, soldate, plaaslike sjebiens vergemaklik oornag- en waaksessies by vulstasie – Manica in ‘n neutedop.

@Operation_Love pak die langpad aan na die warmer waters van die Indiese Oseaan, meer spesifiek Tofo in die Inhambane provinsie. Ons pappa bere (ons ontsagwekkende leiers) hardloop rond om ons almal te help by die regte OTM’s, want nou wag die plaaslike markte, raspberry en tipo tinto’s, snorkel, roei, perdry en laatnagte se kuier op die strand.

Dis asof God se meesterstukke elke dag net meer sigbaar geword het; om so naby ‘n walvishaai te kon swem. Dolfyne en springende boggelrug-walvisse om ons, daar is ‘n nuwe wêreld oopgesluit vir ons om te geniet, waardeer en te deel.

Sal ek weer Mozam invaar? Definitief en dadelik verruil vir enige Europese toer. Ek het nog altyd sperdatums gestel; een van hulle was om voor 30, 30 lande te sien, ek is drie daarvan af maar die verryking wat ek ervaar het, die “inreik” was onbeskryflik in Mozam. Jy voel later selfsugtig, en bevraagteken jou denke, want help ons húlle regtig, soos hulle ons help?

“Tomorrow is a blank page in the story of your life. Decide tonight how you will make it worth reading.” #OneChange – Karen Kingsbury

Groot dank aan ons Vader, Stellenbosch Gemeente, Oom Francois en tannie Alta, Marissa Truter, ons awesome leiers, en natuurlik die 30 hooligans saam my. Volg ons, Operation Love www.operationlovemoz.wix.com/main en ontmoet ons awesome transformasie ingenieurs, Francois en Alta  Rauch www.lovemoz.blogspot.com/