Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 22/09/2019

Scroll to top

Top

Waardes vir kinders – Vrede

Waardes vir kinders – Vrede

deur Deon Botha

 

“Hoe tree jy op en wat doen jy wanneer jy in konflik beland?” vra Homie, hy is ‘n Imago terapeut wat die personeel weekliks help om beter te luister en sodoende te groei na heelheid.

“Die eerste ding wat ek in konflik doen is om harder te praat”

“Hoekom doen jy dit?”

“Want ek wil seker maak ek word gehoor? Wanneer ek en my vrou in konflik is kruip sy in haar dop, maar ek wil hê sy moet my hoor en nie uitsny nie. Sy sê ek stoomroller haar.”

Daar snap ek dit! Moenie harder praat nie, sy vlug vir my!  Sy sal nie in haar dop kruip of gestoomroller voel, en in die proses word ek kalm gehoor.

Vrede.

Vrede daag ons uit om beheer oor en verantwoordelikheid vir ons emosies te neem. Die konneksie tussen vrede en emosionele intelligensie is onmisbaar. “Kalmte, geduld en die vermoë om te akkommodeer” is volgens Chris Jones(2009:31) tekens van vrede.

Hoe bekom ons hierdie ‘Vrede’? Of dalk is ‘n beter vraag: Hoekom het ons nie hierdie vrede nie? Wat is dit wat ons so rondjaag?

Chris sit my aandag op Matteus 5:9 en Kolosense 1:19 & 20.

“9 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing(vrede) gekom.”

“19 God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon 20 en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.”

Vrede is iets wat God vir ons gee. Ek moet myself telkens(lees daagliks) afvra waarom ek my ontstel oor iets. Ek moet telkens herhinner word dat God wel beheer het en die wêreld se ritme nie van my energie afhang nie. Die beste manier om vrede vir my kinders te leer is om hulle daarmee te hanteer en dit self te omarm. Chris (Jones 2009:33) maak ‘n paar voorstelle oor hoe ons dit kan doen:

  • Kalmte gee kinders ‘n mate van sekuriteit.
  • Het jy geweet dat ‘n mens sagter praat as jy fisiese kontak met iemand het? Gee jou kinders drukkies of hou sy/haar hand vas wanneer jy praat.
  • Begrip skep soveel ruimte, probeer regtig verstaan vanwaar die ander persoon met jou praat.
  • Emosies moenie ignoreer word nie, dit moet beheer word – daarom is dit juis belangrik om daaroor te gesels.
  • Gee jou kinders tyd waarin hulle stil kan wees, veral as hulle met ‘n moeilike situasie gekonfronteer gaan word.
  • Prys jou kinders wanneer hulle vredeliewend optree.

Die gejaagdheid van die lewe kan so maklik ons emosies kaap en in ‘n slegte patroon van histerie laat verval. Gee jouself die spasie en ruimte om jou en jou kinders daarvan te red. Jesus het reeds die vrede verkry, ons hoef dit net vir ons te vat.

Vrede.

 

Deon Botha is Care & Community Bedieningsleier en ook aan die stuur van die Jeugplan/Kinderbiening by SG.