Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 21/03/2019

Scroll to top

Top

Uitleef Gebed

Uitleef Gebed

Raak bewus van God se teen woordigheid.

Kyk na jou laaste 24uur. Vra die Here om deur sy Gees vir jou duidelikheid te gee, sodat jy kan sien en verstaan waar Hy besig was om Homself uit-te-leef deur te skep en te red.

Hersien jou dag met Dankbaarheid.

Dankbaarheid is ’n fondasie van ons verhouding met God. Stap deur jou dag en let op oor jou vreugdes en verligtings. Fokus op die dag se geskenke. Kyk na die werk wat jy gedoen het en die mense (bekendes en vreemdelinge) met wie jy interaksie gehad het. Wat het jy van dié mense ontvang? Wat het jy vir hulle gegee? Let op die klein dingetjies – die kos wat jy geëet het, die tekens wat jy gesien het, die oënskynlike klein plesiertjies. God is in die detail.

Let op jou emosies.

Waar beleef jy God se Gees in jou emosies. Watter gevoel het die momente in jou dag binne jou losgemaak. Verveling? Vreugde? Afkeur? Deernis? Woede? Selfvertroue? Wat sê God vir jou deur hierdie emosie?

Kies ‘n kenmerk van die dag en bid daaruit.

Waar het jy vandag God se goedheid (Sy seën, Sy uitleef) gesien. Dit kan ‘n beduidende oomblik wees van plesier of vrede. Of is dit dalk relatief onbeduidend gewees het. Laat jou gebed spontaan ontstaan ​​vanuit jou hart. Dit kan ’n Voorbiddings- of Lofprysings- of ’n Dankbaarheidsgebed wees.

OF

Waar het jy God se goedheid (Sy seën, Sy uitleef) gemis en gewens dat God se Uitleef daar teenwoording kon wees. Vra die Here om in te gryp.

Kyk na môre.

Vra die Here om jou môre bewus te maak van Sy goedheid en seën en om raak te sien waar Hy homself uitleef deur te skep en te red. Bid met opgewondenheid omdat jy God se skeppingskrag môre gaan sien werk. Laat hierdie gevoelens van opgewondenheid toe om die woorde en emosies in jou gebed te vorm.

 – Dewaldt de Kock