Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 15/06/2019

Scroll to top

Top

There is no them, there is only us

There is no them, there is only us

deur Dewaldt de Kock

 

Ek is ‘n baie groot U2 fan. As jy nog nooit van hulle gehoor het nie, jy het al…Still haven’t found what I’m looking for, Where the streets have no name, ens. Die lys van treffers oor 4 dekades maak hulle van die grootste Rock sterre ter wêreld. Natuurklik is ek ‘n intekenaar op U2.com se nuusbrief. So jy kan jou net verbeel hoe opgewonde ek was om verlede week ‘n epos te kry waarin hulle die volgende sê:

 

Dear Dewaldt,

Invisible, U2’s new song, is now available to download – for free, for (RED), on iTunes.

Today’s release of the new song is a groundbreaking initiative with (RED), all part of the fight to create an AIDS free generation.

Every time the track is downloaded from iTunes, Bank of America will donate $1 to (RED) for the Global Fund, to help end mother-to-child transmission of HIV.

best wishes

The U2.com Team.

 

‘n U2 song, gratis en ‘n epos persoonlik aan my gerig, en vir ‘n goeie saak, dis mos al wat ek nodig het om my dag te maak!

Vanoggend in die gym toe ek weer na die song luister, tref die woorde my met eens. Die band is bekend daarvoor om lirieke te skryf wat die status qou uitdaag en hierdie song, Invisible, is geen uitsondering! Wat anders kon ek verwag, obviously wil hulle die boodskap uitkry en die beste manier om dit te doen is om die song gratis vry te stel…, hulle het ‘n agenda en hulle is baie intensioneel.

Check net van die woorde….
“I’m more than you know
I’m more than you see here
More than you let me be
I’m more than you know
A body in a soul
You don’t see me but you will
I am not invisible”

“I am here
I am here
There is no them
There is no them
There’s only us
There’s only us”

Dit het my laat wonder, hoeveel mense is vir my net onsigbaar, ek sien hulle nie eers raak nie?

Hoeveel keer praat ek van ‘hulle’, terwyl ek eintlik van ‘ons’ moet praat?

Dit is nie net hulle probleem nie, dis ons probleem. Dis ons oplossing!

Hoeveel mense kan ek die week raaksien wat voorheen onsigbaar was?

Het Jesus nie gesê ‘Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’? (Matt 25)

Waar kan ek Jesus raaksien die week? Hoe kan ek iemand anders sigbaar maak?

As jy graag na die song wil gaan luister vir inspirasie kliek hier, maar ek moet jou waarsku, dit kan aansteeklik wees, en ek dink die song is ongelukkig nie meer gratis nie.