Om vrae te vra is nie altyd maklik nie. Veral moeilikes soos: Wie is ek? Wat maak ek hier? Hou ander mense van my? Dalk wonder jy hoe om jou geloof by die skool uit te leef (sonder om ‘weird’ te wees). Of miskien twyfel jy oor goeters in die Bybel.
So wat as ons vir jou sê jy mag maar hierdie vrae vra? Selfs ongemakliker vrae as hierdie. Wel, by Stellenbosch Gemeente se tienerbieding luister ons na daardie dinge wat op jou hart lê. Sondagoggende tussen 09:45 en 11:15 kom ons by Stellenbosch Gemeente se Kerkkantoor (Heroldstraat 15) bymekaar. Daar sit ons gewoonlik ‘n lekker ‘topic’ op die tafel, en trek dit bietjie uitmekaar uit. Na die grootgroep-gesprek verdeel ons in kleingroepies waar jy behoorlik jou stem kan laat hoor. Een keer per maand kry jou ouers die geleentheid om saam vrae te vra. Ons is sewe studenteleiers wat passievol is oor tieners. Saam streef ons na ‘n beter verhouding met God, onsself, mede-gelowiges en die wêreld. As jy tussen dertien en agtien jaar oud is, en nuuskierig is oor wat ons doen, kontak gerus vir:
Francois Malherbe