Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 29/09/2016

Scroll to top

Top

Tannie Christina se fiets

Tannie Christina se fiets

“Tannie Christina se enigste vervoer haar fiets. Ek bewonder haar dat sy nog op 75 jarige ouderdom die dorp rond trap. Sy is geesdriftig, avontuurlustig en groet altyd met ‘n glimlag.

Sy het onlangs haar fietsie ingeneem na Flandria sodat dit ge-olie/gediens moes word. Toe sy teruggaan om dit weer te kry, het sy iets vreemds opgemerk. Sy sien die mandjies op die fiets is bekend, maar dit is nie haar fiets nie. Sy het nie gevra vir ‘n nuwe fiets nie…!! Hulle het dit wraggies vir haar geskenk.

Dis wonderlik hoe die Here vir ons sorg.

Ek wou die storie graag met julle deel. Dalk wil julle dit ook met die gemeente deel. Dit is inspirerend dat mense nog sentitief is vir mekaar se behoeftes en dat ‘wonderwerke’ nog gebeur.”

Dankie Annemarie Labuschagne vir die oorvertel van die mooi storie.