Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 12/11/2019

Scroll to top

Top

20-Jaar Gesprekke // Bespreek jou plek

20-Jaar Gesprekke // Bespreek jou plek

SG is volgende kwartaal 20 jaar oud. Wanneer ek luister na lidmate wat van vroeg af deel is van SG, klink die reis veel langer – dit voel vir hulle soos ’n leeftyd. Dalk moet ’n kerk-jaar, soos ’n honde-jaar, langer wees as ’n mens-jaar! ’n Kerk-jaar hou immers meer as een mens se lewens-storie vas; dit omarm honderde verhale van twyfel en geloof, hartseer en hoop, ervarings en verwagtinge.

Elke nuwe jaar hou nuwe potensiaal in, maar ek dink ons is geneig om ’n groter verwagting te projekteer aan die begin van ’n nuwe dekade. Dink maar terug aan die innerlike reis wat gebeur wanneer jy 30, of 50, of 60 word. As leierskap beleef ons, so op die drumpel van ’n nuwe dekade in die lewe van SG, ’n soortgelyke ervaring. Ons vra indringende vrae oor waar ons is, oor wie ons geword het, oor wie ons wil wees…soos ’n 20-jarige seker maar doen.

Die innerlike reis van SG is egter nie net die reis van die leierskap en die personeel nie. Hierdie reis sit kollektief in elkeen van ons se hart en lyf, ongeag of jy een, drie, sewe of twintig jaar deel is van hierdie community.

Ons wil jou hart hoor. Ons wil luister na wat jou lyf jou geleer het oor God en geloof, en hoop, en liefde. Jou storie kan ons help om SG se pad vorentoe helderder te onderskei. 

Ons wil jou nooi vir ’n ete waartydens ons wil gesels oor al hierdie dinge. Ons gaan verskeie kleiner etes hou met die intensie om dit so persoonlik as moontlik te maak, sodat ons beter kan luister. Kies ’n datum hieronder en ons dek jou plek aan die tafel. Nooi gerus enige iemand wat met SG assosieer saam na die ete.

Bespreek jou plek vir die 20-jaar Gesprekke:

Kies hier jou tafel waar jy saam kom gesels, dui asseblief die datum in jou epos aan – info@sg.org.za

  • 15 September 12:00
  • 13 Oktober 12:00
  • 20 Oktober 12:00
  • 27 Oktober 12:00

of tydens die volgende AANDDIENSTE (daar sal tydens hierdie aanddienste NIE ‘n preek wees nie, maar ‘n oop gesprek en aandete):

Kies hier jou tafel waar jy saam kom gesels, dui asseblief die datum in jou epos aan – info@sg.org.za

  • 13 Oktober 19:00
  • 20 Oktober 19:00