Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 26/09/2022

Scroll to top

Top

Ouerskap Werkswinkel | Inspirare

Ouerskap Werkswinkel | Inspirare
Play

Aangebied deur Deon Botha

Die basiese inligting:

  • Datums: 3 Sondae 18:30 tot 20:00 | 28 Augustus, 4 & 11 September
  • Al die sessie moet verkieslik deur albei ouers bygewoon word, ons kom fisies saam bymekaar.
  • Werkswinkel | Luister input met bespreking daarna 
  • Enige ouer | Kinders of tieners
  • Koste: R50 per ouerpaar
  • REGISTREER HIER

Deon vertel meer:

Die woord ouerskapis n woord met groot gewig.

Dit dra groot gewig omdat die spore daarvan deur elkeen se lewe en elkeen sestorie loop. Soms is hierdie spore n baken, n kompas, n tuiste gevul met die mooiste herinneringe, maar soms laat hierdie spore ook letsels van onbeholpe voete en vertrapte drome.

Ons kinders kom in hierdie wêreld en kyk hoe ons dans, kyk waarheen ons spore loop en vandaar kry hulle n prentjie van die lewe. Na watter tipe lewe nooi ons spore hulle?

Hierdie gaan nie n kursus vol ouerskapwenke wees nie – daar is heeltemal genoeg leesstof van baie slim mense hieroor beskikbaar. My fokus en doel is om die raamwerk van hoe ons na ouerskap kyk te ondersoek. Die eenvoudige rede is dat selfs die mooiste ouerskapwenke binne n skeefgetrekte raamwerk uiters destruktief kan wees.

Rob Bell maak 17 observasies oor ouerskap in sy audioboek Launching Rockets. Dit was vir my so waardevol dat ek dit graag met soveel mense moontlik wil deel en vorm die ruggraat van hierdie aanbieding. Ek gebruik sowat 60% daarvan en indien jy dit waardevol vind kan jy hom gerus ondersteun en die volledige boek op iTunes gaan koop.

Ek wil vra dat beide man en vrou hierdie saam moet doen aangesien julle albei n geweldige groot effek op julle kinders het en elkeen gaan moet verstaan wat jy bring na die gesin.

REGISTREER HIER

Hoe dit gaan werk:

    1.      LuisterElke week gaan ons eers n deelsaam luister.Dit word die input waaroor ons verder gaan gesels.

    2.      Vrae deurwerk– Nou gesels ons oor n paar vrae wat uit die input kom.

    3.      Leer by ander– Om met ander ouers te gesels en te hoor wat het met hulle gebeur deur die week is n wesenlik deel vanhierdie ervaring. Dit is waar jy lekker kreatiewe idees deel of stories vertel wat mekaar opbou, versterk en aanmoedig.

 

Enige iemand is welkom, ongeag of jy in die gemeente is of nie. Nooi vriende saam en stuur vir hulle die link as jy dink hulle sal dit graag saam wil doen.

  – Deon Botha

 

REGISTRASIE & NAVRAE

 

Hier gaan ons(‘n Voorsmakie)

    1      Your first responsibility to your kids is to enjoy them.

    •      Hoe sal jy jou ouers se ouerskapstyl beskryf?

    •      Hoe dink jy sal jou kinders jou ouerskapstyl beskryf?

    •      Hoe sal jy die ideale ouer beskryf?

    •      Wanneer of in watter omstandighede sien jou kinders vreugde by jou?

    •      Wanneer of in watter omstandighede kry jy vreugde by jou kinders?

    •      Hoe wys jy vir hulle dat hulle n bron van vreugde vir jou is?

    •      Hoe kan die eerste en laaste woorde van elke dag aan jou kind n uitdrukking van hierdie vreugde wees?

 

    2      Your child is not a bucket into which you pour your anxieties about your life, the world or their future.

    •      Dink jy jou ouers het enige van hulle angs op jou geprojekteer as kind en wat was dit?

    •      Waaroor raak jy angstig wanneer jy oor jou kinders dink?

    •      Wat is dapperste ding wat jy kan doen om jou kinders te verlos van jou angstigheid?

    •      Hoe sou jy die ideale atmosfeer beskryf waarin jou kinders moet grootword?

 

    3      The greatest gift you can give your kid is to be fully alive yourself.

    •      Watter groot droom lêal jou hele lewe in jou hart?

    •      Wat gaan nodig wees om dit weer aan te wakker en te begin uitleef?

 

REGISTRASIE & NAVRAE