Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 16/06/2019

Scroll to top

Top

Spore 2017 | Deel 2

Spore 2017 | Deel 2
Play

Spore 2016 | Sessie 2 – Deon Botha

 

Ons is deur die eerste 3 observasies en volg die lyn nou verder. Hoop die vrae help julle om iets te ontdek van die manier hoe julle ouerskap toepas en nooi julle om nog opsies te ondersoek. Die vrae word vanuit nuuskierigheid gebore en dit help ons om soms na ons maniere te kyk en te wonder, “Kan dit dalk anders lyk?”, “Hoe gaan hierdie op die ou end lyk as ons so voortgaan?”.

 

Ons luister vandag na nommers 4 tot 9. Geniet!

 

 

  1. You’re always teaching your kids and sometimes you use words.

 

7 Question Pop Quiz: Basic yes or no answers.

  1. Growing up, did you want the kind of life that your parents had?
  2. Did your parents see life as a trial to be endured or an adventure that you get to go on?
  3. Did your parents’ worldview, faith, religion or path work for them? Did it bring them joy?
  4. Did you want to have a marriage like your parents some day?
  5. Did your parents pursue their dreams or did they settle?
  6. Did your parents wake up each day with a sense of expectation and anticipation of what the day may bring or did they just get through it?
  7. Did your parents work through their wounds and issues? Did they do their interior work and find healing or did you have to deal with their unresolved pain and tension and wounds?

 

– Wat voel jy, in terme van jou kind se geestelike opvoeding, is die heel belangrikste om

hom/haar te leer? Die mothership van dit wat jy vir jou kind wil leer?

– Op watter maniere en waar dink jy sien jou kind dit in julle huis gebeur?

– Vul dit jou kind met kalmte en vrede oor wie hy/sy is of is daar angs by enige van julle

teenwoordig? Sien julle dit as iets wat maklik gemis gaan word en jy baie versigtig moet

wees of nooi dit hulle in oorvloedige liefde in?

– Is jy geneig om instruksies hieroor vir jou kind te gee of vertel jy stories oor hoe jy dit self bekom het of daarin groei?

 

 

  1. You want to give them as little as possible they’re going to have to unlearn later.

 

– Is daar enige ritueel of aktiwiteit waaraan julle tyd spandeer wat eintlik iemand anders se   verwagtinge nakom of spanning oplos?

– Is daar iets waarvoor julle net eenvoudig “nee” moet sê?

 

 

  1. It is really important to teach your kids to ask questions.

 

– Hoe lyk jou lyftaal of klink jou stemtoon as jou kind iets vir jou vertel of vra? Maak jy oogkontak? Kniel jy tot op hulle vlak? Voel hulle soos die enigste persoon in die vertrek terwyl jy na hom/haar luister?

– Voel jou kind dat sy/haar stem vir julle waardevol is en graag na geluister word?

– Hoe klink die vrae wat jy vir jou kind vra? Klink dit of jy hulle ondervra/probeer uitvang of kan hulle agterkom dat jy werklik nuuskierig is oor hulle wêreld?

– Op watter kreatiewe pret manier kan julle vrae ’n belangrike plek in julle huis gee?

 

 

  1. The goal is to keep your kid talking

 

– Hoe lyk jou lyf en klink jou stem as jou kind jou iets ontstellend vertel?

– Nooi die manier hoe jy luister en optree jou kind om verder te vertel of verhoog dit hulle angs oor die saak?

– Hoe kan jy jouself effektief voorberei om jou tong vas te hou en sonder oordeel jou kind heeltemal uit te luister?

– Is daar ’n tyd of spasie gedurende julle alledaagse roetine waarin julle ‘gesels-sonder-’n-agenda’ kan bevorder of inbou?

 

 

  1. Don’t exasperate your kid!

 

– Is daar iets wat jy doen wat jou kind magteloos en onsigbaar laat voel en wat is dit?

– Het jy al vir jou kind gevra of jy iets so iets doen en hoe sal jy so vraag benader?

– Moes jy al vir jou kind sê jy’s jammer en watter effek het dit op julle verhouding?

 

 

  1. There are two ways to parenting:

 

  1. Why do you always do that?
  2. We don’t do that, that is not how we roll.

 

– Watter een van die twee vrae is jy geneig om te vra?

– Wie glo jy is jou kind regtig? Wat is sy/haar identiteit? Hoe het God hom/haar geskep?

– Wat dink julle is die verskil tussen straf en dissiplinering? Hoe verskil elkeen se doel?

– Is daar iets wat jou kind herhaaldelik doen wat jy graag sou wou verander?

– Is daar iets wat jy herhaaldelik doen wat jy graag sou wou verander?

– Hoekom dink jy dit is belangrik om daardie gedrag te verander, by jou kind en by jou?

– Hoe kan jy hom/haar nooi om na hulself te kyk soos God na hulle kyk?

– Wat dink jy sien God as Hy na jou kyk?

 

Onthou ons sien mekaar Sondagoggend 11:30 in die Japie Krige om te hoor wat vir julle uitstaan, sin maak, opgewonde maak en watter kreatiewe maniere wat julle op die pad ontdek het om hierdie te omarm.

 

 

Vrede