Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 11/12/2018

Scroll to top

Top

Spore 2017 – Inleiding | Deel 1

Spore 2017 – Inleiding | Deel 1
Play

Inleiding

Die woord ‘ouerskap’ is ’n woord met groot gewig.

Dit dra groot gewig omdat die spore daarvan oor en deur elke lewe en elke storie loop. Soms is hierdie spore ’n baken, ’n kompas, ’n tuiste gevul met die mooiste herinneringe, maar soms laat hierdie spore ook letsels van onbeholpe voete en vertrapde drome.

Ons kinders kom in hierdie wêreld en kyk hoe ons dans, kyk waarheen ons spore loop en vandaar kry hulle ’n prentjie van die lewe. Na watter tipe lewe nooi ons spore hulle?

Hierdie gaan nie ’n kursus vol ouerskapwenke wees nie – daar is heeltemal genoeg leesstof van baie slim mense hieroor beskikbaar. My fokus en doel is om die raamwerk van hoe ons na ouerskap kyk te ondersoek. Die eenvoudige rede is dat selfs die mooiste ouerskap wenke binne ’n skeefgetrekte raamwerk uiters destruktief kan wees.

Rob Bell maak 17 observasies oor ouerskap in sy audioboek “Launching Rockets”. Dit was vir my so waardevol dat ek dit graag met soveel mense moontlik wil deel en vorm die ruggraat van hierdie   aanbieding. Ek gebruik sowat 60% daarvan en indien jy dit waardevol vind kan jy hom gerus ondersteun en die volledige boek op iTunes gaan koop.

Ek wil vra dat beide man en vrou hierdie saam moet doen aangesien julle albei ’n geweldige groot effek op julle kinders het en elkeen gaan moet verstaan wat jy bring na die gesin.

 

Hoe dit gaan werk:

  1. Luister – Elke week word daar ’n audio file op die web gelaai by www.sg.org.za waarna julle saam of apart kan luister. Hang af van julle tyd, dalk luister jy in die voertuig op pad werk toe of vanaand gaan sit julle met ’n lekker koppie koffie en luister saam.
  1. Vrae deurwerk – Saam met die audio file word daar ook vrae opgelaai wat sal dien as refleksie oor dit waarna julle geluister het. Hierdie moet julle asseblief saam doen. Antwoord die vrae so eerlik as moontlik – onthou dat wanneer julle daaroor gesels dit absoluut ’n heilige spasie is en hou mekaar en jul eie stories met die groot deurnis vas.
  1. Leer by ander – Om met ander ouers te gesels en te hoor wat het met hulle gebeur deur die week is ’n baie wesenlik belangrike deel hiervan. Dit is waar jy lekker kreatiewe idees deel of stories vertel wat mekaar opbou, versterk en aanmoedig. Dit gaan vir die volgende 3 Sondae, 19 Februarie, 26 Februarie & 5 Maart gebeur, in die Japie Krige Saal, by Paul Roos Gimnasium net na die oggenddiens om 11:30 – 13:00. 

Enige iemand is welkom, ongeag of jy in die gemeente is of nie. Nooi vriende saam en stuur vir hulle die link as jy dink hulle sal dit graag saam wil doen. Dis heeltemal gratis. Op die Sondag is kinders ook welkom en hulle kan daar speel terwyl ons gesels.

   – Deon Botha

REGISTRASIE & NAVRAE

Hier gaan ons…(‘n Voorsmakie)

  1. Your first responsibility to your kids is to enjoy them.
  • Hoe sal jy jou ouers se ouerskapstyl beskryf?
  • Hoe dink jy sal jou kinders jou ouerskapstyl beskryf?
  • Hoe sal jy die ideale ouer beskryf?
  • Wanneer of in watter omstandighede sien jou kinders vreugde by jou?
  • Wanneer of in watter omstandighede kry jy vreugde by jou kinders?
  • Hoe wys jy vir hulle dat hulle ’n bron van vreugde vir jou is?
  • Hoe kan die eerste en laaste woorde van elke dag aan jou kind ’n uitdrukking van hierdie vreugde wees?

 

  1. Your child is not a bucket into which you pour your anxieties about your life, the world or their future.
  • Dink jy jou ouers het enige van hulle angs op jou geprojekteer as kind en wat was dit?
  • Waaroor raak jy angstig wanneer jy oor jou kinders dink?
  • Wat is dapperste ding wat jy kan doen om jou kinders te verlos van jou angstigheid?
  • Hoe sou jy die ideale atmosfeer beskryf waarin jou kinders moet grootword?

 

  1. The greatest gift you can give your kid is to be fully alive yourself.
  • Watter groot droom lê al jou hele lewe in jou hart?
  • Wat gaan nodig wees om dit weer aan te wakker en te begin uitleef?

 

Word vervolg…