Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 23/02/2020

Scroll to top

Top

SG Stories | ‘n Pelgrimstog

SG Stories | ‘n Pelgrimstog

– geskryf deur Marissa Truter

 

“In the strangeness of the stranger as host, my eyes are opened to a new reality that moves me beyond my ego; beyond disconnected easy answers; beyond despair, fear and doubt; to enter and transform the darkness as a candle in a windy night. The turning point, the miracle, the movement of God – occurs when you humbly open yourself for the enlarging hospitality of the stranger.” – Pieter Roeloffse

 

Die afgelope week sit ons vir ‘n tweede keer by die Legacysentrum om ‘n tafel vir die Langtafel-gesprek. Dié gesprekke het vroeër vanjaar saam met Gideon Strauss afgeskop.

 

Dis ‘n kort taxi-rit van die kerkkantoor af tot by die Legacysentrum, maar met die kontras tussen Stellenbosch-dorp en Kayamandi voel die paar kilometer veel verder.

 

Soos ‘n Pelgrimstog, oor ‘n grens.

 

Die gesels en onderskei daag ons dissipelskap uit aan die hand van die 2030 Nasionale Ontwikkelingsplan vir Suid-Afrika en die Jesus Manifesto, maar die gesprekke bring veel meer. Om die tafel ontmoet ons stories mekaar, leer ons nuwe name ken, hoor ons ander perspektiewe, deel ons drome en eet ons saam vetkoek tot ons monde blink.

 

Daar lê ‘n klompie swaar woorde op die tafels tussen ons: korrupsie, sosiale kohesie, swak onderwys, ongelykheid, hernubare energie en infrastrukture…en dissipelskap. Pieter hou die verskillende gesprekke deur die loop van die aand met liefde (en soms ‘n tikkie asprisgeid) vas.

 

Die swaar woorde word lig, die gesprekke is positief, soms luidrugtig-lekker en eerlik. Ons stem saam dat ons hoop op ‘n land, nader nog, ‘n dorp wat anders kyk en lyk, mekaar probeer verstaan, respekteer en ‘n groter hoop vir ‘n gesonde eenheid. Die swaar woorde kry ‘n ‘ander’ taal, word ‘n gemeenskaplike toekomsdroom vir onderwys, infrastrukture en die groter community.

 

In die taxi-rit terug, oor ons onsigbare grens, hou die gesels aan en sien ons versigtig-opgewonde uit na wat hierdie gesprekke kan inhou vir ons dorp.

 

Foto: My Dinsdagoggend-uitsig by uVuyo handwerkprojek, Legacysentrum, Kayamandi.

 

As jy (en jou gesin, vriendekring, kleingroep) deel wil word van toekomstige gesprekke laat my weet, ons dek graag nog ‘n plek aan die tafel – marissa@sg.org.za