Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 13/12/2019

Scroll to top

Top

SG Stories | Die eienaardigheid van Dankbaarheid

SG Stories | Die eienaardigheid van Dankbaarheid

– geskryf deur Pieter Roeloffse

 

“Het jy dankie gesê?” vra ek vir Anouk terwyl ek vir die pa waai wat haar by die huis afgelaai het. Dit was vanaand sy voorreg om die koorkinders van ons buurt huis toe te bring na die oefening.

Later wonder ek, met díé skryf-opdrag in die agterkop: Hoekom is dit vir my so belangrik dat my kind dikwels moet dankie sê? Wat gebeur met iemand wat deur ’n herhaaldelike meganiese dankie-sê-ritueel gaan? Navorsing wys dat daar baie met jou gebeur:

Gratitude improves physical health

Gratitude improves psychological health

Gratitude enhances empathy and reduces aggression

Grateful people sleep better (tel jou seëninge in plaas van skape?!)

Gratitude improves self-esteem

Gratitude increases mental strength

 

Buiten al hierdie wonderlike winste van dankbaarheid is my hoop seker maar eenvoudig: Dat die gereelde dankie-sê in haar hart sal gaan lê en haar sal vorm tot ’n dankbare mens.

Is dankbare mense anders? Kyk hulle anders na die alledaagse?

Leef hulle met groter waardering? Met meer spontane verwondering? Is waardering en verwondering twee karaktertrekke wat die lewe dieper betekenis gee en die wêreld anders maak?

Ann Voskamp skryf “Gratitude is a function of perspective.” Dankbaarheid verander dus nie die wêreld nie — net jou perspektief daarop. Dit word ’n lens waardeur jy anders na alles kyk en dit verander dus hoe jy alles sien. Die wonders, die alledaagse én die uitdagings.

As jy net dankbaar is vir die groot wonders, groot oomblikke en groot geskenke van die lewe word jy ’n verslaafde van meer en nog en nog meer wat opgeraap word in die grynslag van verbruikerisme. As dankbaarheid verweef met die grein van jou menswees dan eet jy ’n snytjie brood asof dit ’n feesmaal is.

’n Rukkie na Anouk se tuiskoms, vat ons gesin hande om die tafel en Pierre bid “Dankie Jesus vir die kos, dankie Jesus vir ’n huis, dankie vir Mamma en Pappa, dankie vir Sarike en Anouk, dankie vir Pula en Tjokkie en Mietsie (ons troeteldiere). Amen.” En sy dankbaarheid, net omdat ek bewus is van die tema, bring ’n bedaring oor my onrustige gemoed na minister Tito Mboweni se begrotingsgesprek.

Ons gemeente vat hierdie Sondag, spreekwoordelik, as gesin saam hande tydens die dankdiens. Ons breek saam brood en drink ’n slukkie wyn met die oortuiging dat dit ons perspektief op alles in ons en rondom ons sal verander.

Ons doen dit omdat ons baie het om voor dankbaar te wees. Ons doen dit omdat ons hoop dat dankbaarheid in die grein van ons menswees sal kom lê en alles waarna ons kyk meer betekenisvol sal maak.

pieter@sg.org.za