Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 18/11/2017

Scroll to top

Top

Roepingsgerigte Dissipelskap

Roepingsgerigte Dissipelskap

“FAITH AND WORK. We might see them as estranged. But, in truth, they share a crucial aim: to see the unseen. Nothing new has been made without faith. Nothing unseen has been seen without work. When the force of what we do hits why we do it, we wither or we flourish. We don’t want to just examine that collision. We want to live in the intersection where it occurs. To celebrate what flies. And to rethink what falls. To map. To explore. To create. To risk and to fail better. Not just for a nicer 9 to 5. But to serve the city we belong to and love. It comes down to one key truth: work matters. So do it well.” – Faith & Work 

 

Die kursus kos R1200 en sluit twee boeke, 3 maande se sessies asook twee persoonlike fasiliteringsessies in. Sien Modules en datums heel onder aan hierdie blad. *Daar is betaalopsies en borgskappe beskikbaar vir hierdie kursus, doen asb navraag by Sandra hieroor wanneer jy registreer. 

 

Wie bied die kursus aan?

Ontmoet Gideon Strauss,  professor aan die Institute for Christian Studies in Toronto, Kanada, en ‘n navorsingsgenoot by die Center for Public Justice in Washington DC in die VSA. Hy was voorheen onder andere professor in leierskapstudies aan die Fuller Seminary in Los Angeles, Kalifornië, en redakteur van die Kanadese meningstydskrif Comment. Hy het oor die jare ontelbare dissipelskapwerkswinkels aangebied, onder andere vir Redeemer Presbyterian Church in New York en vir die Anglikaanse katedraal in Montreal.

Gideon is in Bloemfontein gebore, en het sedertdien voetspore nagelaat in Vancouver, Toronto, Los Angeles, en Montreal.

Handig om te weet…Gideon kan omgekoop word met sterk koffie, gin & tonics, of braaivleis.

Die ontwikkeling van hierdie werkswinkel is onder andere beïnvloed deur sy ervaring met die Center for Faith and Work by Tim Keller se Redeemer Church in New York (https://faithandwork.org/) en Fuller Seminary se Cascade Fellows program in Seattle (http://cascadefellows.com/).

Lees meer op Gideon se LinkedIn profiel.

‘n Paar vrae aan Gideon Strauss oor die kursus wat in Mei by SG afskop:

  1. Hoe sal jy die hart van hierdie kursus beskryf?

Die hoofdoel van die kursus is om mense toe te rus om Jesus te volg in die konteks van hulle alledaagse werk. Dit sal ook vir mense help om hulle volgende vyf jaar te beplan, en in die proses  hulle verhouding met Jesus prakties verdiep.

 

  1. Op wie is die kursus gemik. Is daar ‘n spesifieke teikengroep: ouderdomsgroep, korporatief, mense in ministry?

Ek was oorspronklik onder die indruk dat die kursus spesifiek jong professionele mense sou aanspreek (wat wel die geval is by die Gotham kursus in New York), maar my ervaring die afgelope jaar (spesifiek met die Cascade Fellows in Seattle, Knox Presbyterian Church in Toronto, die Anglikaanse Kerk in Montreal, en Edifide, die Christelike onderwysersvereniging in Ontario, Kanada) is dat die onderwerp baie wyer aanklank vind. In elke geval was professionele mense in hulle twintigs en dertigs wel aangespreek deur my werkwinkels, maar ek was verbaas hoeveel mense in ander demografiese groepe ook aangespreek is – studente, mense in kerkbedienings, mense in die sakewêreld (ondernemers of personeel), en selfs mense wat op aftrede staan. Letterlik almal wil meer leer oor die sin van hulle werk/lewens en die praktiese beplanning van hulle toekoms, in die konteks van hulle verhouding met Jesus.

 

  1. Is die kursus al voorheen in SA aangebied?

Nee. Splinternuut.

  

  1. As ek reg verstaan is die kursus gebaseer op ‘n 9 maande journey, Gotham. Wat is die raakpunte tussen Gotham en die Roepingsgerigte Dissipelskapkursus? (Kyk gerus die Gotham video onderaan die blad)

Die kursus is eerder geïnspireer deur, as gebaseer op, die Gotham Fellowship. Ek het vir sewe jaar jaarliks ‘n werkswinkel aangebied vir Gotham, en in die loop van die tydperk baie geleer by Katherine Leary Alsdorf en David Kim. Daar is SO BAIE RAAKPUNTE, maar hier is die eerste drie waaraan ek kan dink:

  • Beide Gotham en SG se kursus voorsien deelnemers van beide praktiese toerusting (tools) en teologies raamwerke (frameworks) vir Christelike dissipelskap in die konteks van ons alledaagse werk.
  • Beide Gotham en SG se kursus gaan nie net oor wat ons dink of glo nie, maar meer diepgaande ook oor wat ons doen en bemin. Een van die raamwerkverwisselinge (paradigm shifts/reframings) wat die kursus aanbied is dat ons menswees nie in die eerste plek intellektueel is nie: menswees is ‘n kwessie van die hart. (To be human is not first and foremost to be a thinker. It is first and foremost to be a lover.) Die kursus gaan dus nie net oor nuwe idees nie, maar ook oor nuwe gewoontes.
  • Beide Gotham en SG se kursus is nie net bedoel vir persoonlike verryking nie, maar ter toerusting van volgelinge van Jesus vir hulle bydrae tot kulturele vernuwing in hulle werkplekke en woonplekke.

Sien die lys van “benefits to the fellows” op Gotham se webblad: http://faithandwork.com/programs/1-gotham-fellowship.

 

  1. Vertel bietjie meer oor die volgende stelling: ‘Dit sal ook vir mense help om hulle volgende vyf jaar te beplan’

Die kursus begin met ‘n stel life design tools wat deur Dave Evans en Bill Burnett se boek Designing Your Life geïnspireer is (en ons sal ook dele van die boek lees). Terloops: Dave is een van my beste vriende, en ons gesels al sedert 2008 oor die kursus wat hy en Bill by Stanford Universiteit aanbied (dis die gewildste kursus by Stanford: sien https://www.fastcompany.com/3044043/stanfords-most-popular-class-isnt-computer-science-its-something-much-men https://www.fastcompany.com/3063982/designing-your-mid-life-no-porsche-or-crisis-required en https://www.fastcompany.com/3064188/how-design-thinking-can-help-you-solve-lifes-wicked-problems) en waarop die boek gebaseer is. Hulle hulpmiddels (tools) lyk eenvoudig, maar daar is intensiewe navorsing en vyftien jaar se eksperimentering daaragter.

Daar is na my mening geen beter stel gereedskap vir lewensbeplanning nie. So, ons sal die hulpmiddels leer ken deur hulle prakties te probeer in die kursus (en deur meer oor hulle te leer uit die boek en ons kursus-sessies).

Hoekom vyf jaar? Hier is wat Dave en Bill skryf:

“Why five years? Because two years is too short (making us nervous that we haven’t thought far enough ahead) and seven years is too long (we know stuff is going to happen to change things by then). In fact, if you listen to people tell their stories, most people’s lives are actually lives as a series of two-to-four-year seasons strung together. Even important longer periods (the child-rearing years) are broken into substantially distinct two-to-four-year chunks – the toddle years, the preschool years, the tween years, the years when they don’t speak to you, also called the teen years. Five years cover one good four-year chunk with an extra year of buffer time. After doing this exercise many different ways and thousands of times with people of all ages, we’re confident five years is just about right. Just try it.”

Leeslys (boeke is ingesluit by kursus):

  • Bill Burnett & Dave Evans, Designing Your Life.
  • James K. A. Smith, You Are What You Love.

MODULE 1:

Die kursus kos R1200 en sluit twee boeke, 3 maande se sessies asook twee persoonlike fasiliteringsessies in. Sien Modules en datums heel onder aan hierdie blad. *Daar is betaalopsies en borgskappe beskikbaar vir hierdie kursus, doen asb navraag by Sandra hieroor wanneer jy registreer. 

Saterdag werkswinkel:

  • Saterdag 20 Mei

Kleingroepbyeenkomste: Telkens op ’n Maandag

  • 29 Mei
  • 5 Junie
  • 12 Junie
  • 19 Junie
  • 26 Junie
  • 3 Julie

 

MODULE 2:

Saterdag werkswinkel:

  • Saterdag 22 Julie

Kleingroepbyeenkomste: Weereens Maandae, behalwe laaste byeenkoms

  • 31 Julie
  • 7 Augustus
  • 14 Augustus
  • 21 Augustus
  • Donderdag, 24 Augustus

 

Registreer hier