Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 26/03/2023

Scroll to top

Top

Ritmes van die Lewe | ‘n Intensionele reis

Ritmes van die Lewe | ‘n Intensionele reis

God roep jou met die wonderlike uitnodiging, “Kom na my toe”. Wanneer ons na God toe kom, antwoord ons vanuit ons regte lewens. Trevor Hudson herinner ons dat God se huisadres ons gewone lewens is. As volgelinge (of dissipels) van Jesus leef ons elkeen vanuit die spesifieke ritmes van ons lewens.

Op hierdie agt weke reis word elkeen van ons uitgenooi om deel te word van die avonture van die lewegewende God. Hierdie avontuur word in die Matteus evangelie uitgebeeld met die glimlaggende Jesus wat uitbundig die Vader dank dat die geloofsreis nie kompleks is nie maar aan die eenvoudiges openbaar word. Jesus gesels met die Vader en bid dan:

 

Matteus 11:25-30 MSG

26 “Thank you, Father, Lord of heaven and earth. You’ve concealed your ways from sophisticates and know-it-alls, but spelled them out clearly to ordinary people. Yes, Father, that’s the way you like to work.”

27 Jesus resumed talking to the people, but now tenderly. “The Father has given me all these things to do and say. This is a unique Father-Son operation, coming out of Father and Son intimacies and knowledge. No one knows the Son the way the Father does, nor the Father the way the Son does. But I’m not keeping it to myself; I’m ready to go over it line by line with anyone willing to listen.

28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

 

As volgelinge van Jesus word ons ook ingenooi in hierdie unieke Vader-Seun verhouding.  

Jesus wat uitnooi “Kom” vorm steeds groepe wat leer om in die ritmes van God te leef.

Ons maak vanjaar graag gebruik van die materiaal Rhythm of Life – ’n organisasie wat vennootskappe sluit met gemeentes om groei dissipelskap te ontwikkel.


Ritme van die reeks

  • Week 1 – Spieël
  • Week 2 – Muurprop
  • Week 3 – Pot
  • Week 4 – Legkaart
  • Week 5 – Plant
  • Week 6 – Wekker
  • Week 7 – Sirkel
  • Week 8 – Heelheid

Hoe gaan ons dit doen?

  • Elke week se skrifgedeelte(s) wil jou laat nadink oor ‘n spesifieke geloofsritme en hoe dit ons daaglikse lewens wil vorm en beinvloed as volgelinge van Jesus.
  • Jy word aangemoedig om daagliks individueel stil te word aan die hand van die teks met behulp van die Lectio Divina-metode.
  • Ons kom weekliks in kleingroepe en/of families bymekaar.

 


Lees die volledige Ritmes Intro hier

Navrae: liesl@sg.org.za