Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 23/02/2020

Scroll to top

Top

Raak só betrokke by Legacy

Raak só betrokke by Legacy

WORD ‘N DEEL VAN DIE ‘LEGACY COMMUNITY’ DEUR:

 

Ons te help met fondse – waar sonder ons deure nie kan oopbly nie! 

Legacy is by SARS geregistreer as ‘n ‘Public Benefit Organisation’ met Artikel 18A status. Dit beteken dat jy belastingverligting kan kry deur ‘n skenking aan Legacy te maak.

  • Indien jy of jou firma belastingverligting in die huidige belastingjaar wil hê, onthou asseblief om so ‘n skenking voor 29 Februarie te maak.

Legacy se bankbesonderhede is:

Legacy Community Development NPC | Nedbank  123 204 3265  | Takkode – 198765 | Verwysing: Donasie

 

Indien jy nog nie ‘n My School/My Planet-kaart het nie, kry dit asseblief via https://www.myschool.co.za/get-your-card-here/myschool-ap

 

Deel te neem aan ons veldtog met die naam “Pritt, peanut butter & paper”. Ons gebruik al drie hierdie items gereeld. Ander voorrade soos droë bone, stampmielies, konfyt sal ook ‘n groot verskil aan ons kosbegroting maak.

  • Bring dit asseblief na die kerk of kerkkantoor.

 

Die kinders smiddags by die Legacysentrum met huiswerk te help.

Die laerskoolkinders se huiswerkperiode (‘Bright Stars’) is tussen 16:45 en 17:30 en die tieners s’n (‘Study Buddy’) is vanaf 17:30 tot 18:15.

  • Kontak Tracey by tracey@legacykayamandi.orgtov die hoërskool en Martmarié by info@legacykayamandi.orgtov die laerskool.

 

Twee maal per kwartaal ‘n pot kos vir sowat 20 vrouens, wat handwerk as deel van Legacy se uVuyo-programdoen, te maak.  Jy kan ook die voorrade gee sodat ons kok dit kan kook.  Kontak vir Andrea by uvuyo@sg.org.za.

 

Goeie tweedehandse laptops vir ons te skenk. Ronald, een van die fasiliteerders, beplan om ‘n diens aan sy gemeenskap te lewer deur rekenaarklasse aan te bied.

 

Kontak Louise by louise@sg.org.za vir meer inligting.