Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 24/08/2019

Scroll to top

Top

Preek | Sondag, 28 September

Preek | Sondag, 28 September
Play

Nuus-waardig? Die ekonomie is inderdaad nuuswaardig | Jurgens Hendriks

 

Lees ook:

The one thing Christians should stop saying

> Where were you when they crucified my Lord?

> The Accra Confession

Kyk na TED talk: 

Beware, fellow plutocrats, the pitchforks are coming

 

Alain de Botton skryf in sy boek “The News” .
In its more serious moods, the news seeks to explain the world to us, which means attempting to sift through the dramas … of every day in order to direct our attention to the handful of developments that could turn out truly to matter….
..the most fundamental reality of nations is their financial state –economic reporting should therefore be recognized as the most important facet of all news output.”

Die res van die hoofstuk handel oor die prinsipiële vraag: is dit reg?

Het julle opgelet hoeveel aandag ekonomiese nuus in al sy vorme van die media kry?
• In elke goeie koerant vorm dit ʼn substansiële deel van die inhoud
• Talle koerante en tydskrifte spesialiseer daarin.
• Die TV nuus is nooit daarsonder nie.
• Luister op RSG na die ekonomiese ontleding. Andries van Zyl het elke middag van 5 nm af ʼn ontleding van die nuutste veranderinge in die ekonomie en veral Sondagaande na “Sake van die dag” is Ryk van Niekerk aan die woord met “Finansiële fokus.”
• SAFM se gesprekke en programme oor die ekonomie is uitstaande.
• Op radio 702 en Cape Talk wen Bruce Witfield se “The Money Show” telkens media pryse vir die skerpsinnige wyse waarop hy en die sprekers wat hy nooi die ekonomie krities ontleed en ook die moreel-etiese aspekte daarvan oopvlek.

Ek dink mens kan sonder vrees van teenspraak sê: daar is niks op die radio of in die media wat soveel rugsteun in terme van navorsing ontvang en waaraan soveel mense hulle totale bestaan wy as om te verstaan wat gaan volgende in die ekonomie gebeur nie. In elke groot dorp groot is daar mense en firmas wat die ekonomie vir hulleself en hulle kliente se beleggings dophou. Elke goeie universiteit het ʼn Fakulteit Ekonomie.

Soos radarskottels bespied hulle die mark en die politiek van die hele wêreld. Die internet het beleggingsnetwerke soos ʼn reuse spinnekopweb reg rondom die aarde gespin. Elke beweging affekteer alles. Kyk maar na die willekoerse van die geldeenhede en die olieprys se fluktuasies. Nie eens die spioenasienetwerke van die groot nasies het soveel navorsing en soveel mense wat oral oor soos spinnekoppe sit en elke beweging dophou nie. Hulle hou die wag oor geld, hulle is op soek na wins, almal is met almal in kompetisie.

De Botton en talle van die kritiese ekonomiese ontleders van hierdie internasionale spel vra gereeld: kyk wyer, kyk dieper, kyk verder vorentoe en agtertoe in die geskiedenis, hierdie spel het dodelik gevaarlike kante vir mens en natuur.

Ontleed die aard van hierdie mag en hierdie sisteem.

Die ekonomie is een van die sake wat oral in die Bybel ter sprake is, kritiese vrae daaroor loop deur die hele Bybel. Paulus se gebed in Ef 1:17-23 is die soort gebed wat ons in hierdie situasie moet bid:
ek bid … dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort,
deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.

18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet
• watter hoop sy roeping inhou,
• en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,
• 19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.
Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het:
21 hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.
22 Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23 Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Die geloofsgawe om te kan onderskei is krities belangrik.

Kan ons onderskei
• wat om ons gebeur
• en met ons gebeur en
• wat werklike en ewige waarde het?

Die Burger vra op 12 September vir Piet Naude, dominee, teoloog en voormalige vise-Rektor van die NMMU waarom hy die pos as hoof van Stellenbosch se sakeskool aanvaar het. Hy antwoord:
“My mening is dat die ekonomiese sfeer van ons samelewing die een is waarin die éintlike besluite geneem word… dat die ekonomisering … van die samelewing aanvegbaar is; ons behoort dit teen te staan, maar vir nóú is dit die plek waar jy moet wees as jy openbare invloed wil hê.”
“Wat gebeur het, is jy het ʼn fundamentele skuif in die waardestelsel gehad. …
“Vandag is die samelewing byna uitsluitlik gerat om respek en eer te bewys nié aan die een wat weet nie, maar aan die een wat het.”.
Piet Naude sê die belangrikste, mees invloedryke nuus is die ekonomie.
Niks in die hele wêreld het tans ʼn groter invloed op mens en natuur as wat in die ekonomie gebeur nie.
Hy is reg.
Piet Naude sê vir hom as gelowige is dit die plek waar hy nou geroep is om sy geloof uit te lewe, om te getuig, ons sout van die aarde en lig van die wêreld te wees.
Ekonomie is ʼn woord wat baie in die Bybel gebruik word. In 1 Kor 4 verwys Paulus na homself as ʼn slaaf en ʼn oikonomos. In sy tyd het ʼn eienaar van enige groterige huishouding of besigheid ʼn slaaf aangestel wat sy oikos (huis – huishouding) moes bestuur. Selfs ʼn stadsbestuurder is destyds ʼn oikonomos genoem.

Vandag verwys die woord ekonomie na die sisteem van produksie, distribusie, handel en verbruik van goedere en dienste asook die tegnologie, navorsing, informasiewese en finansiële stelsel wat die ontsaglike globale ekonomiese netwerk diens.

As Paulus vir ons bid, vra hy dat ons wysheid sal ontvang, dat ons geestesoë sal helder sien sodat ons die dinge waarop die werklik aankom sal kan onderskei (Ef 1 en Filip 1).
Sonder profete sterf die kerk. Profete sien wat verkeerd is raak en waarsku mense. Julle weet watter rol die profete in ons eie land gespeel het om ons teen apartheid te waarsku.

Elke gelowige mens moet ʼn profeet wees … as ons sê Christus moet in ons lewens sigbaar word, dan is dit tog duidelik: niemand was ʼn groter profeet as Hy nie … as ons nie profeties kan optree nie, is ons getuienis niks werd nie, het ons lewe nie betekenis nie.

Piet Naude sien sy rol as dié van ʼn profeet in die besigheidskool.

Hy en talle ander besef die wêreld-ekonomie is op die rand van ʼn duisligwekkende afgrond .

Ek wil vir u vyf van die agt voorbeelde wat Otto Scharmer en Christin Kaufer bespreek in Leading from the emerging future: From ego-system to eco-system economies, kortlik opsom:
Hulle wys uit hoe die ekonomie kritiese balanse op aarde versteur het:

1 Die beperkte kapasiteit van die ekologie is versteur.
Die balans tussen die druk om ekonomiese te groei en wat die aarde kan produseer of hanteer is versteur.

Die ekonomieverorber tans 1.5x wat die natuur kan produseer.

Mens sien dit in veranderende weerpatrone, die smelt van die pole se yskoepels, in probleme rondom skoon water en die vernietiging van woude en verspoeling van landbougrond, groot dele van die aarde wat woestyn word, en talle ander aanduiders.
2 Die balans tussen ryk en arm is versteur.
Dit word ʼn “extreme inequality bubble” genoem.
Die superryk 1% mense van die wêreld besit 40% van die wêreld se bates;
Die helfte (50%) van die wêreld se bevolking besit net 1% van sy bates.
Dit is nie reg nie, dit is vir niemand goed nie – nie eens vir die rykstes nie.
Ons almal leef in ʼn inequality bubble.
3 Die leierskap (en rykes) van die wêreld is uit voeling met die massas
Die oorgrote meerderheid van die gegoede mense wat in die inequality bubble leef, weet nie of steur hulle nie aan die ellende van wat die Bybel noem: “die armes, die weduwees en die wese nie.”

Institusionele leierskap en ekonomiese leierskap gee telkens nie om en neem nie verantwoordelikheid vir die massas gewone en arm mense nie.

Een voorbeeld hiervan wat in SA die oog vang is hoe die ANC elite en middelklas – van die parlement tot die plaaslike owerhede – net daarop uit is om hulleself te verryk en nie omgee vir diegene wat vasgevang is in die poverty trap nie. Daar is baie retoriek rondom sorg vir die armes, maar Nomme Een se Nkandla bewys die teendeel.

Hierdie verskynsel speel ʼn rol in die dienslewering opstande in SA en in die wêreld.
4 Die versteurde balans tussen werklike ekonomie en spekulasie

Die belangrikste aanduider dat dinge nie reg loop nie, is die versteurde balans tussen reële ekonomie in die sin van geld wat vir dienste en produkte betaal word en die spekulatiewe spel op aandelebeurse.

Nasionale regerings kan nie meer die ekonomie doeltreffend bestuur of reguleer nie. Kyk na hierdie statistiek:
Die globale buitelandse valuta transaksies was in 2010 US$1500 triljoen.
In dieselfde jaar was die globale buitelandse besigheidstransaksies van werklike goedere gekoop en verkoop het, US$20 triljoen.

Die werklike koop-verkoop globale transaksies is net 1.4% van die totale hoeveelheid geld wat spekulatief in die wêreld heen en weer gestuur is om die mees voordelige beleggings na te jaag.
Dis spekulasie, dis ʼn tipe dobbelspel. Dit destabiliseer die gewone ekonomie en bo alles destabiliseer dit mense wat werk en dan skielik hulle werk verloor omdat hulle maatskappy se finansiële mat of sekuriteite of kapitaal onder hulle uitgeruk is en elders belê is in die hoop dat dit vir die alreeds skatryk eienaars vinniger meer geld kan maak.
5 Die geld wat in navorsing en ontwikkeling van gadgets en produkte vir die alreeds ryk wêreld gebruik word, is astronomies meer as wat gebruik word om die onderontwikkelende wêreld se probleme aan te spreek.

Die armes, die weduwees en wese, die magteloses – hulle word spreekwoordelik in hulle ellende gelos.

Hoekom word hierdie boodskap in SG gebring?
• Omdat ons binne hierdie ryk wêreld leef en beweeg; ons is binne hierdie bubble.
• Omdat ons glo SG – kan in hierdie wêreld ʼn verskil maak.
• Omdat niks ons spiritualiteit, ons geloof en ons keuses so diep soos juis die ekonomie beïnvloed nie. Dit beïnvloed die keuses in ons werk, die keuses vir ons kinders, die keuses wat ons koop en wat ons wil hê.

Ons is almal vasgevang in hierdie ekonomiese inequality bubble wêreld wat heeltemal uit balans na ʼn afgrond beweeg.

Die grootste deel van die wêreld, is blind hiervoor … soos Laodisea se gemeente uit Open 3 wat skatryk maar blind was. Die Engel van die gemeente het gesê hulle het oogsalf nodig dat hulle kan sien hoe naak en beklaenswaardig hulle in al hulle rykdom is.

Die Lukas evangelie is uiters sensitief vir die ekonomie. Lukas sien konsekwent raak hoe Jesus teen ongelykheid en onreg waarsku. In Luk 12:13-21 waarsku Jesus oor gierigheid en vertel die gelykenis van die man wat sy eiendom afgebreek en alles groter en luukser gebou het, meer motorhuise, meer kamers vir al sy besitting en meer stoorruimte. Jesus sê toe:
“Just then God showed up and said, ‘Fool! Tonight you die. And your barnful of goods—who gets it?’
That’s what happens when you fill your barn with Self and not with God.”

Gaan luister weer na die 11 Junie EIKONS preek van Dewaldt de Kock oor:

“Wanneer is genoeg genoeg?”

Daarin praat Gideon Hefer oor hoe jy kan besluit wat is genoeg vir jou gesin. Hy het die beeld van ʼn sirkel en ʼn spiraal gebruik en gesê:

“Besluit met jou verstand en met geloofsonderskeiding wanneer genoeg genoeg is en leef binne daardie sirkel. Doen jy dit nie, bly jou lewe soos ʼn oop spiraal altyd op soek na meer en meer…”

Jy stop nie die opwaartse spiraal nie want jy vergelyk jou lewe en keuses altyd met die wat meer as jy het, nie met die wat minder het nie. Die wat meer as jy het, veroordeel jy maklik want jy is nie waar hulle is nie en so regverdig jy jouself. Die wat minder as jy het, veral die wat baie minder as jy het, ignoreer en vergeet jy.

Ons het almal beheer oor ons lewe en oor die keuses wat ons maak. Ons is almal in beheer van geld en goed: van die van ons wat in hoë bestuursposte en direksies sit en kan besluit oor salarisse en bonusse (ook jou eie en wat jy daarmee doen), tot almal wat genoeg geld het om te kan besluit wat jy wil koop.

Feit is: “We embody a lot of what we confess is wrong.”
Hoe beweeg ons weg van wat ons weet verkeerd is?
Hoe beweeg ons nader aan wat ons weet reg is?

ʼn Preek gaan nie ons lewenswyse verander nie. Soos Abraham sal ons op reis moet gaan. Dis ʼn “journey – and we can’t do it alone.”

SG het ʼn keuse gemaak om saam te soek na ʼn lewe wat betekenis het. Dit beteken ons moet ontdek wat ons ware identiteit is (die eikons preke se doel) en wat die doel van ons lewe is.

Ons het reeds vir mekaar gesê:
“Our lives and our journey is not in pursuit of happiness and prosperity.”

God se woord aan Abraham in Gen 12 is ons rigsnoer:
Ons wil vir ander, vir die wêreld tot seën wees.

In NT taal is die beginsel in Joh 3:16 uitgespel: God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het … en as navolgers van /eikons van JC is die doel van ons lewens om in die wêreld verlossing, die Koninkryk van God te bring … dis betekenisvol lewe.

Pursuit of happiness in die kerk
is om met ʼn prosperity cult godsdiens vir jouself selfsugtig seëninge te soek.
Dit is die godsdienstige styl van in die inequality bubble bly lewe.

• Maar dit lei nie tot ʼn lewe van betekenis nie.
• Dit is nie Jesus se pad nie.
• Dit is kruisloos.
Ons het meer as ooit geloofsonderskeiding nodig hoe om die ekonomie te hanteer,
om verantwoordelike ekonome in ons huis en werk te wees.

• We embody a lot of what we confess is wrong.
• Kan ons ons gebrokenheid voor God herken?
• Kan ons saamreis?

Die inequality bubble is ʼn sisteem probleem en nie iets nuuts nie. Dit was daar in die Romeinse Ryk. Paulus gee vir ons raad vir die reis:

THE MESSAGE: A FIGHT TO THE FINISH
10–12
And that about wraps it up. God is strong, and he wants you strong. So take everything the Master has set out for you, well-made weapons of the best materials. And put them to use so you will be able to stand up to everything the Devil throws your way. This is no afternoon athletic contest that we’ll walk away from and forget about in a couple of hours. This is for keeps, a life-or-death fight to the finish against the Devil and all his angels.
13–18
Be prepared. You’re up against far more than you can handle on your own. Take all the help you can get, every weapon God has issued, so that when it’s all over but the shouting you’ll still be on your feet. Truth, righteousness, peace, faith, and salvation are more than words. Learn how to apply them. You’ll need them throughout your life. God’s Word is an indispensable weapon. In the same way, prayer is essential in this ongoing warfare. Pray hard and long. Pray for your brothers and sisters. Keep your eyes open. Keep each other’s spirits up so that no one falls behind or drops out.

Gee tyd vir stil gebed.

Amen.

Pope Francis – EVANGELII GAUDIUM

53. Just as the commandment “Thou shalt not kill” sets a clear limit in order to safeguard the value of human life, today we also have to say “thou shalt not” to an economy of exclusion and inequality. Such an economy kills. How can it be that it is not a news item when an elderly home- less person dies of exposure, but it is news when the stock market loses two points? This is a case of exclusion. Can we continue to stand by when food is thrown away while people are starving? This is a case of inequality. Today everything comes under the laws of competition and the survival of the fittest, where the powerful feed upon the powerless. As a consequence, masses of people find themselves excluded and marginalized: without work, without possibilities, without any means of escape. Human beings are themselves considered consumer goods to be used and then discarded. We have created a “throw away” culture which is now spreading. It is no longer simply about exploitation and oppression, but something new. Exclusion ultimately has to do with what it means to be a part of the society in which we live; those excluded are no longer society’s underside or its fringes or its disenfranchised – they are no longer even a part of it. The excluded are not the “exploited” but the outcast, the “leftovers”.

Jurgens Hendriks, hjh@sun.ac.za 073 772 6706