Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 20/10/2020

Scroll to top

Top

Geestelike Postuur | Deel 4 – ‘n Postuur van stilte

Geestelike Postuur | Deel 4 – ‘n Postuur van stilte
’n Postuur van stiltevan voorbereid na meditatief
Besig wees het ’n status simbool geword en, besig wees is inderdaad baie goeie raad vir ’n wêreld waarin jy in beheer is, en moet wees. Daar is beslis sekere tye, soos ’n delikate operasie of projek, waar jy hoop iemand daag voorbereid op! Daar is egter tye, soos om saam op reis te gaan, wat jy eerder hoop iemand daag heel, gesond, met die regte gesindheid op.

Die fokus by hierdie gedagte van stilte kom vanuit ’n gewaarwording in vloeibare tye. In meer stabiele tye waar jy deeglik kan beplan en uitvoer, waar dinge meer voorspelbaar is maak ’n fokus op voorbereid en vaardigheid en wat-jy-is of kan doen dalk sin. In vloeibare tye word jou menswees en hoe-jy-is dalk belangiker as al jou vaardighede. Daarom die gedagte van stilte, van meditatief-wees. Van dieper as jou pakkie vaardighede delf na jou kern.

Die Jode is die enigste mense wie se nuwe dag met aandete en gaan slaap afskop. Wat die volgende dag wakker word met die gedagte dat God al lankal besig is – terwyl ek so bietjie uit die pad gestaan het – en nou kan ek vra waar en hoe is Hy besig, en hoe sluit ek by Hom aan. Hulle dag begin met ’n groot, lang silte.

In ons Westerse storie begin ons nuwe dag met die sonsopkoms, en buiten vir ’n kort oomblik van stilte vir party, trek ons weg en doen ’n klomp dinge. Vanaand, aan die einde van ons besige dag, hoop en bid ons dat God alles wat ons gedoen het sal seën. So asof ons alles voorberei het dat God nou Sy werk kan kom doen. Hierdie vertrekpunt maak van God ons handlanger.

Hierdie Sabbatsbeginsel — God begin en ek sluit by Sy beweging aan — verander nogal hoe jy opdaag, hoe jy jouself sien, hoe jy werk en in verhouding tree met ander. Dit is dieselfde beginsel in die eenvoudige woorde “Wees stil en weet, Ek is God.”(Ps 46:11)

Ek wens altyd dat ek hierdie beginsel nader aan my hele lewe kan bring: dat ek vóór ’n vergadering, vóór ek die huis instap, vóór ek ’n bord kos eet, vóór ek ’n gesprek het, vóór ek ’n nuusberig lees…eers met ’n sacred pause(stilte) kan begin, want die kere wat ek dit wel regkry voel dit tog of ek anders optree, werk, gesels, en is.

Mag jy saam met Elia ontdek, God is toe nie in die oordadige donderstorm of wind nie — maar in die fluistering van die windstilte. Mag jy meer by die diepte van jou menswees gaan sit en daar God se fluistering in die chaos hoor want in die chaos tye is hoe jy is dalk belangriker as al die wonderlike dinge wat jy kan doen.

Groete,
Pieter