Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 20/10/2020

Scroll to top

Top

Geestelike Postuur – Deel 1: Van Potsierlike na Postuurlike geloof

Geestelike Postuur – Deel 1: Van Potsierlike na Postuurlike geloof

Van Potsierlike na Postuurlike geloof

deur Pieter Roeloffse

 

Ons ken postuur as ’n liggaamshouding. Sekere omstandighede maak sekere liggaamshoudings in jou los. Dan is daar ook jou algemene normale liggaamshouding of postuur.

Jou postuur kan ook op ’n dieper vlak verstaan word as jou sielshouding. Jou gesindheid of houding teenoor die wêreld, mense en lewe. Ons is selde bewus van ons liggaamlike postuur. ’n Krisis, pyn of ongemak maak jou gewoonlik pynlik bewus van jou ongesonde of misvormde postuur. Dieselfde met ’n sielspostuur – krisis, ongemak en pyn ontbloot ons misvormde postuur teenoor die lewe.

Soos wat jou liggaamlike postuur ’n invloed het op jou gesondheid, so ook jou postuur teenoor die wêreld, mense en die lewe.

Soos wat jou liggaamlike postuur geleidelik gevorm/misvorm word deur leefstyl en gewoontes – bewustelik of onbewustelik – so ook met jou sielspostuur.

Soos wat ’n gesonde liggaamspostuur afhanklik is van ’n sterk en gesonde “core”, so ook jou postuur teenoor die lewe.

  • Wat is jou postuur teenoor die lewe op die oomblik?
  • As jy dit liggaamlik moes uitbeeld, hoe sal dit lyk?
  • Hoe lyk ’n gesonde sielspostuur – veral vanuit die “core” van ons geloof?
  • As jy dit liggaamlik moes uitbeeld, hoe sal dít lyk?

Die Bybel is ’n gallery vol beskrywings van God se postuur in verskillende situasies maar daar is ook iets van ’n algemene deurlopende Godspostuur. Ons het verder die voorreg van ’n lewende en diverse beskrywing van ’n lewende postuur in Jesus se optree, praat en manier van leef te sien en te soek en te volg.

Wat is goeie posture vanuit die geleefde Godspostuur wat jy dink ons in hierdie tyd en plek waar ons leef kan help om holistiese gesonder te raak? Ek sal ’n paar gedagtes in die volgende paar weke deel. Vir nou: dink so bietjie oor jou eie sielspostuur, probeer Godsposture identifiseer wat jy dink jy nodig het om nou na te leef. Onthou Hy het ons na Sy beeld/postuur gemaak.

’n Moontlike Postuur-korreksie-reis:

  1. Herken ’n slegte/ongesonde postuur (kry ’n “spieël” wat dit vir jou kan wys, ’n veilige-liefdevolle-eerlike mens om jou skadukante vir jou te wys)
  2. Sien die negatiewe impak wat hierdie postuur op jou en alles rondom jou het
  3. Herken die slegte gewoontes of ervarings wat jou postuur misvorm
  4. Verbeel jou hoe ’n goeie gesonde sielspostuur kan lyk, dus reframe jou postuur-idee (kry ’n prentjie, voorbeeld van ’n gesonde lewegewende postuur – Godsbeeld/Jesus-prentjie)
  5. Watter gewoontes en oefeninge kan jou help om hierdie ideale postuur te beliggaam?
  6. Begin die stadige, pynvolle oefen-reis van groei in ’n nuwe postuur

Hoop hierdie sit jou gedagtes bietjie aan die gang. Volgende week begin ons om ’n paar moontlike posture te verbeel. Mag ons potsierlikheid plek maak vir ’n lewegewende postuur.

Groete,

Pieter