Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 01/06/2020

Scroll to top

Top

Luister saam | Podcast van die week

Luister saam | Podcast van die week

Waarom ’n fokus op ‘podcasts’?

Dis een van die min vorms van media waaraan jy kan aandag gee terwyl jy iets anders doen, soos vervelige, herhalende huishoudelike take. Podcastsis ’n bron van insig, perspektief en sal jou bemagtig om op ’n nuwe manier te praat en te luister.

Podcast vir die week: ON BEING – Gesprek met Mary Oliver

Krista Tippet se podcast-reeks, getiteld On Being, het ’n besondere fokus: “Pursuing deep thinking and moral imagination, social courage and joy, to renew inner life, outer life, and life together.” In hierdie podcast voer Tippet ’n gesprek met die digter Mary Oliver, wie se sielvolle gedigte gegrond is in haar liefde vir die natuur, haar soeke na identiteit en na genesing van haar eie gebrokenheid. Dis ’n wonderlike gesprek wat jou weer sal laat ontwaak vir die geskenk van die natuur as ’n bron van inspirasie en die begronding van jou identiteit.

Hoe word dit gestruktureer?

Luister na die podcast deur op hierdie skakel te kliek:
[ Luister hier ]

Ons wil jou uitnooi om hierdie skakel aan iemand anders te stuur om ook te luister, en dan êrens met daardie persoon in gesprek te gaan en te reflekteer oor die waarde wat die podcastvir julle gehad het.