Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 20/10/2020

Scroll to top

Top

Podcast van die week | Robin DiAngelo and Resmaa Menakem

Podcast van die week | Robin DiAngelo and Resmaa Menakem
– André SerfonteinON BEING: Gesprek tussen Krista Tippet, Robin DiAngelo and Resmaa Menakem

Waar begin ons, spesifiek as jy wit is, die gesprek oor die implikasies van die wêreldwye ‘Black Lives Matter’-beweging vir ons eie konteks? Hoe begin ons die landskap van ‘white privilege’ konfronteer? Om regtig eerlike te wees; ek weet nie. Ek het al met ’n paar van my (wit) vriende hierdie gesprek aangeraak, maar ek is nie seker of dit my vorentoe neem nie. So op die oomblik probeer ek luister – na perspektiewe, artikels, Tweets, Podcasts.  In ’n poging om jou aan te moedig om dieselfde te doen, sit ek met dieselfde dilemma: Waar begin ons? Ek kry nie iets wat nie op een of ander manier konfronteer nie, en ek het eerlikwaar nie die energie om, te midde van al die uitdagings wat ons tans vashou, nog te konfronteer óók nie. So moenie hierdie luister as jy nie kans sien om jou eie ongemak vas te hou nie.

Hierdie gesprek tussen Krista Tippet, Robin DiAngelo (wit skrywer) en Resmaa Menakem (swart terapeut) is ’n eerlike gesprek. Ek dink dis ’n goeie gesprek om na te luister. Die gesprek is nie daarop gemik om jou vrae te antwoord, of jou ongemak te verlig nie. Maar dit gaan jou hopelik uitdaag  om nog bietjie eerliker te raak oor jou perspektief op rassisme, asook die wyse waarop jy tot op hierdie punt in jou lewe daarop reageer.

Hopelik kan ons binnekort met mekaar hieroor verder praat – oor grense heen.

[ LUISTER HIER ]

Hoe word dit gestruktureer? Ons wil jou uitnooi om hierdie skakel aan iemand anders te stuur om ook te luister, en dan êrens met daardie persoon in gesprek te gaan en te reflekteer oor die waarde wat die podcast vir julle gehad het.

Waarom ’n fokus op ‘podcasts’? ’n Podcast is ’n waardevolle geleentheid vir gesprek, al sê jy nie ’n woord nie. Dis ’n manier van luister na die perspektiewe en insigte van ander, op só wyse dat jy in jou gees en gedagtes saamgesels. Die gesprek leer jou luister, maar help jou ook om woorde te gee aan jou eie denke en oortuigings.