Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 20/10/2020

Scroll to top

Top

Podcast van die week | Jacqueline Novogratz

Podcast van die week | Jacqueline Novogratz

ON BEING – Gesprek tussen Krista Tippet en Jacqueline Novogratz

– André Serfontein

Ek dink dis veilig om te sê dat die Covid-19 pandemie nuwe vrae na die oppervlak gebring het oor elke denkbare tema. Dis waarskynlik ook eerlik om te sê dat dit net gebeur het omdat soveel dinge wat tot nou toe onder die oppervlak van ons kollektiewe bewussyn verskans was, ontbloot is. In hierdie podcast konfronteer Jaqueline Novogratz sommige van hierdie realiteite op ‘n verfrissende, innoverende wyse. Sy is al die laaste 30 jaar betrokke by – wat die beste beskryf kan word as – “human-centered capitalism”, en sal jou verbeelding oopbreek vir ‘n nuwe perspektief op die uitdaging van sosiale transformasie. Hierdie podcast bied nie net ‘n nuwe verbeelding aan almal wat kapitalisme wil aanwend tot die “common good” nie, maar ook ‘n nuwe perspektief aan elkeen wat anders wil kyk na die uitdagings en geleenthede van ons wêreld, na armoede, en na ons roeping om hoop te bring.

[ LUISTER HIER ]

Hoe word dit gestruktureer? Ons wil jou uitnooi om hierdie skakel aan iemand anders te stuur om ook te luister, en dan êrens met daardie persoon in gesprek te gaan en te reflekteer oor die waarde wat die podcast vir julle gehad het.

Waarom ’n fokus op ‘podcasts’? ’n Podcast is ’n waardevolle geleentheid vir gesprek, al sê jy nie ’n woord nie. Dis ’n manier van luister na die perspektiewe en insigte van ander, op só wyse dat jy in jou gees en gedagtes saamgesels. Die gesprek leer jou luister, maar help jou ook om woorde te gee aan jou eie denke en oortuigings.