Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 20/10/2020

Scroll to top

Top

Podcast van die week | David Steindl-Rast

Podcast van die week | David Steindl-Rast

– André Serfontein

 

Podcast vir die week: Krista Tippet in gesprek met David Steindl-Rast

Die Covid-pandemie het baie dinge na die oppervlak gebring. Ons ontwaak moontlik vir ons eie angs en onsekerheid; ons ongemak met die ontwrigting van ons leefwêreld en ritmes; vir die swaar van ander se lyding. Hopelik ontwaak die meeste van ons ook vir die voorreg van ons konteks; vir die geskenk van gesondheid en konneksie; en vir geleenthede wat ander nie het nie. Dis binne hierdie ontwaking dat hierdie podcast met David Steindl-Rast vir ons waarde het, want hy maak ons weer bewus van dankbaarheid. Die dankbaarheid wat hy beskryf is dieper as happiness – dis nie afhanklik van eksterne omstandighede nie. Hy nooi ons uit tot die omhelsing van dankbaarheid as ’n gewoonte: om te leer hoe om te midde van, en ten spyte van omstandighede, te leef met ’n perspektief van waardering. Hy deel die wysheid van sy ervaring as Benediktynse monnik vir die afgelope 60 jaar en help ons om in tye soos hierdie anders te kyk.

[ LUISTER HIER ]

Hoe word dit gestruktureer? Ons wil jou uitnooi om hierdie skakel aan iemand anders te stuur om ook te luister, en dan êrens met daardie persoon in gesprek te gaan en te reflekteer oor die waarde wat die podcast vir julle gehad het.

Waarom ’n fokus op ‘podcasts’? ’n Podcast is ’n waardevolle geleentheid vir gesprek, al sê jy nie ’n woord nie. Dis ’n manier van luister na die perspektiewe en insigte van ander, op só wyse dat jy in jou gees en gedagtes saamgesels. Die gesprek leer jou luister, maar help jou ook om woorde te gee aan jou eie denke en oortuigings.