Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 20/10/2020

Scroll to top

Top

Podcast van die week | Brene Brown

Podcast van die week | Brene Brown
– André SerfonteinON BEING – Gesprek tussen Krista Tippet en Brené Brown

Brené Brown is ‘n navorser en skrywer, en is – sedert haar navorsing oor vulnerability ‘n paar jaar gelede – ‘n wesenlike gespreksgenoot in die veld van verhoudings en konneksie. Ek dink ons ervaring van grendeltyd – en ons vermoë om terug te kyk op ons eie landskap van verhoudings in hierdie tyd – vra vir ‘n eerlike refleksie oor die dinamika daarvan in ons lewens. Hierdie podcast lewer weereens waardevolle kommentaar op ons soeke na belonging en konneksie, die verwagting en waardes waarmee ons dit benader en die wyse waarop ons dan optree. Sy verwys na die rol van spiritualiteit, vertroue, grense, en herinner ons weer aan die noodsaaklikheid om onsself eerlik te wys aan ander in ons soeke na true belonging. 

[ LUISTER HIER ]

Hoe word dit gestruktureer? Ons wil jou uitnooi om hierdie skakel aan iemand anders te stuur om ook te luister, en dan êrens met daardie persoon in gesprek te gaan en te reflekteer oor die waarde wat die podcast vir julle gehad het.

Waarom ’n fokus op ‘podcasts’? ’n Podcast is ’n waardevolle geleentheid vir gesprek, al sê jy nie ’n woord nie. Dis ’n manier van luister na die perspektiewe en insigte van ander, op só wyse dat jy in jou gees en gedagtes saamgesels. Die gesprek leer jou luister, maar help jou ook om woorde te gee aan jou eie denke en oortuigings.