Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 03/12/2020

Scroll to top

Top

Podcast van die week 4 | John O’Donohue

Podcast van die week 4 | John O’Donohue
ON BEING – Gesprek tussen Krista Tippet en John O’Donohue

John O’Donohue was ‘n digter, ‘n teoloog en ‘n filosoof. Soos met ander Ierse teoloë is O’Donohue ook sterk beïnvloed deur die Keltiese Christen tradisie, en tydens hierdie gesprek help hy ons om met ‘n nuwe verbeelding te kyk na die landskap rondom ons, na beauty, tyd, ‘n bewustheid van jou innerlike wêreld / siel, en hoe siel en werk met mekaar verband hou.

[ LUISTER HIER ]

Waarom ’n fokus op ‘podcasts’? n Podcast is ’n waardevolle geleentheid vir gesprek, al sê jy nie ’n woord nie. Dis ’n manier van luister na die perspektiewe en insigte van ander, op só wyse dat jy in jou gees en gedagtes saamgesels. Die gesprek leer jou luister, maar help jou ook om woorde te gee aan jou eie denke en oortuigings.
Hoe word dit gestruktureer? Ons wil jou uitnooi om hierdie skakel aan iemand anders te stuur om ook te luister, en dan êrens met daardie persoon in gesprek te gaan en te reflekteer oor die waarde wat die podcast vir julle gehad het.