Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 02/03/2021

Scroll to top

Top

Podcast van die week 2 | Krista Tippett

Podcast van die week 2 | Krista Tippett
PODCAST VAN DIE WEEK

Waarom ’n fokus op ‘podcasts’?

Dis een van die min vorms van media waaraan jy kan aandag gee terwyl jy iets anders doen, soos vervelige, herhalende huishoudelike take. Podcasts is ’n bron van insig, perspektief en sal jou bemagtig om op ’n nuwe manier te dink, te praat en te luister. 

 

PODCAST VIR DIE WEEK
On Being – ’n Gesprek tussen Krista Tippet en Parker J. Palmer – The Soul in Depression

Die uitmergelende grendeltyd begin sy tol eis op ons emosies, en ek beleef dat meer en meer van ons worstel met depressiewe gemoed. ’n Tyd soos hierdie laat ook mense wat reeds met depressie saamleef veral weerloos. Ek het ’n vermoede dat ons toenemend hierdie tendens in onsself en ander gaan moet leer vashou. In hierdie podcast help die sielkundige, Parker Palmer – wie self deur depressie moes werk – ons met ’n raamwerk om depressie beter te verstaan, hoe om dit in onsself en ander vas te hou, maar veral om die konneksie tussen ons siel en depressie te oorweeg. Dit gee waardevolle insigte vir hoe om oor spiritualiteit te dink deur die bril van depressie.

Hoe word dit gestruktureer?

Luister na die gesprek deur op hierdie skakel te kliek, kies aan die regterkant van die blad die opsie om na die gesprek met Parker Palmer te luister.

[ Luister hier ]

Hierdie is ’n ongeredigeerde (langer) gesprek. Die geredigeerde gesprek is ook beskikbaar, getiteld The Soul in Depression, waar dit verweef is met gesprekke met nog twee ander kundiges.

Ons wil jou uitnooi om hierdie skakel aan iemand anders te stuur om ook te luister, en dan êrens met daardie persoon in gesprek te gaan en te reflekteer oor die waarde wat die podcast vir julle gehad het.