Verraai. Beledig. Gebruik. Nutteloos. Geminag. Vergete. Mishandel. Verkleineer. Bedrieg. Afgestomp. Stoksielalleen. Mislei. Hartseer. Bespot. Gevandaliseer. Verkrag. Misverstaan. Verkeerd. Verslaaf. Verslaan. Verward. Verdruk. Gekwes. Uitgesluit. Uitgebuit. Onbelangrik. Teleurgesteld.
Van tyd tot tyd sukkel ons met hierdie emosies, en voel ons vêr van God af. Ons vra dalk: ‘Waar is U?’ of ‘waar was U?’. So asof God nie hier by ons is nie. Hier met al ons probleme, foute en verleenthede. Hier met ons twyfel. In die middel van hierdie siekte, egskeiding of eksamen.
‘Hier’ is die eenvoudige woord waarmee ons opdaag in die hede, en reageer op God se stem. Dalk is jou ‘hier’ baie moeilik, en het jy ondersteuning nodig? Indien wel, is dit belangrik dat jy erkenning gee aan jou pyn, en nie die gesondwordproses aanjaag nie. By Stellenbosch Gemeente help ons sonder goedkoop antwoorde of kitsoplossings, maar in liefde en gebed. En in die strengste vertroulikheid.
As jy sukkel met huweliksprobleme, emosionele trauma, depressie, angs, eetversteurings, emosionele probleme, of jy is op soek na geestelike ondersteuning, kyk gerus hoe ons jou kan help: