Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 01/06/2020

Scroll to top

Top

Oor ‘n tyd soos hierdie – ‘n Gemeentestorie

Oor ‘n tyd soos hierdie – ‘n Gemeentestorie

deur Liesl Cronje

 

Ek kyk na haar glimlag op die profielfoto. Ek mis dit om haar te sien en haar aanraking te voel. Sy gee mildelik van haar liefde.

 

Sy sê hulle sorg nou vir agt gesinne. Ek ken haar so. Ek dink haar wese bestaan uit sorg, gasvryheid, belangstelling in ander en die mooi in die lewe raaksien. Sy vertel hoe sy meer wil deel met ander as wat sy mag en hoe al die nuwe reëls rondom ons haar dinge van haarself laat ontdek waarvan sy nie bewus was nie.

Sy sê die Here is goed vir hulle. Alhoewel hulle inkomste reeds met 75 persent verlaag het, sien hulle nogsteeds God se seën in die mooiste sonsopkoms en sonsondergang, in stilte en in lag.

Sy sê sy glo in die God van Genesis 1:1. Die God wat die hemel en die aarde en alles daarop gemaak het en wat hierdie geskenke elke dag opnuut vir ons gee om lief te hê.

Ek kyk weer na haar profielfoto. Ek sien nou eers sy dra ‘n kroon. Ek dink haar naam is Ester en dat sy juis gekroon is vir ‘n tyd soos hierdie.

Deel jou storie of vertel iemand anders se storie – kontak vir Liesl – liesl@sg.org.za