Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 28/01/2022

Scroll to top

Top

Gemeentestories | Oor Mama Louise

Gemeentestories | Oor Mama Louise

deur Liesl Cronje

Mama Louise sê altyd dat jy nie jou gesig êrens kan wys as jy nie bereid is om te bly nie. So is sy al lank deel van ons lewens by Stellenbosch Gemeente en Legacy. Sy’t baie jare terug haar gesig hier kom wys en sy het gebly.

Ek het soveel by haar geleer in die agt jaar wat ek deel is van die personeelspan, haar wysheid en raaksien kan nie vasgevat word in woorde nie. Soms is sy bietjie te reguit na my sin. Ek is maar aan die dromerige kant, maar sy herinner ons gereeld dat drome net tydelik is en selfs kan wegvlieg as dit nie die regte tyd of plek of droom is nie. Sy sê idees werk eers as jy geld daarvoor kan kry, soos vir die Legacy projek. Ek is dankbaar dat sy nie bang is om te sê wat nodig is nie.

Mama Louise is eerlik as sy sê dat sy glad nie so heilig is nie, sy is maar net ‘n mens. Sy kan ook kwaad word en soms moedeloos en selfs moeg vir al die platgesig mense in pandemie-afsondersingsgesprekke. Sy sê egter dat sy nog nie hard gehuil het nie.

Ek dink sy is eerlik EN sterk.

Mama Louise het my geleer dat kuier en konneksie met ander baie belangrik is en dat dit heeltemal okey is as mense net wil kom vir Kentucky Fried Chicken. As die kos lekker genoeg is, sal hulle weer kom en so groei die verhouding.

Sy wil vanaf 2022 dinge bietjie rustiger vat en net party dae werk: “Anders gaan ek heeltemal Suid”, sê sy. Ons gaan haar mis by ons personeelgesprekke, miskien sal ons haar van tyd tot tyd roep om saam te gesels as ons eerlike antwoorde nodig het.

Mama Louise, dankie dat jy ons deurentyd herinner dat God vir ons sorg en ons nooit uit Sy hand sal laat val nie. Hy weet waar ons is elke oomblik van die dag. Ja, “die hemel is nie ‘n ‘bad’ plek om van dop gehou te word nie’, so sê jy.

Dankie, ons Mama.