Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 03/12/2020

Scroll to top

Top

Oor die mooiste maand

Oor die mooiste maand
deur Liesl Cronje

Oktober, die mooiste mooiste maand. Ek wonder hoe ons hierdie maand nog mooier kan maak?

Ek lees nou die dag ‘n aanhaling: ‘She threw away all her masks and put on her soul’. Vir maande lank al leef ons agter maskers. Mooi blommetjies en patroon maskers wat die trekke van ongeduld of kwesbaarheid of dalk moegheid om ons mondhoeke wegsteek. Ons probeer wel lag, ook so met ons maskers aan, maar ander sukkel om dit raak te sien.

Miskien sal ons die maand mooier maak as ons ons maskers afhaal. Ek hét eintlik al  my masker ‘n paar jaar terug afgehaal, maar sonder dat ek besef het, dit weer opgesit. Soms ‘n masker van vrolikheid. Ander kere een van waagmoed of vasberadenheid. Watter een ookal die mooiste lyk. Ek dink ek gaan al my maskers weggooi. Vir altyd. Dit mag dalk beteken dat ander wonder waarom ek huil, of kwaad is, of lag, of bang is, of net niks voel nie. Hulle mag dalk nie van my nuwe ‘look’ hou nie, maar ek weet dis tyd. Dit is uitputtend om voor te gee of weg te steek of soos almal te lyk.

Ek dink ek sal eerder van nou af iets anders wil aantrek as ‘n masker, soos saggeaardheid, of nederigheid, of omgee vir ander, of hoop.

In hierdie maand van Oktober, die mooiste mooiste maand.