Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 05/03/2021

Scroll to top

Top

Ondersteuningsgroep vir tye soos dié

Ondersteuningsgroep vir tye soos dié
Die rimpeleffek van Covid 19 word in elke dimensie van ons lewens en ons samelewing gevoel. Die volgehoue onsekerheid en verandering wat dit tot gevolg het ontwrig baie van ons, en lei maklik tot emosies van stres en angs. Vir baie ons lê hierdie ervaring buite ons verwysingsraamwerk – ons was nog nie híér nie. Dit dra daartoe by dat ons sukkel om aan te pas en rigting te kry.

Die doel van hierdie groep is om ervarings soos hierbo beskryf met mekaar te deel en mekaar te ondersteun. Die fasiliteerders gaan ook probeer om ’n raamwerk te bied waarbinne ons hierdie ervarings sinvol kan integreer met spiritualiteit. Die hoop is dat ons elkeen ’n nuwe perspektief kan kry wat ons help om ’n volgende tree te gee.

Ons gaan in groepe van 6-8 virtueel saamkom. Die tyd en frekwensie daarvan sal met elke groep onderhandel word.