Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 01/06/2020

Scroll to top

Top

Om vry te wees – Kobie Erasmus

Om vry te wees – Kobie Erasmus

Ek lig my kop uit die doopwater en voel oorweldigende vreugde oor die spesiale belofte wat tussen my en die Here plaasgevind het. Dit voel fantasties! Ek klim uit en voel effe ongemaklik met die nat klere wat aan my kleef. Dis vrek koud. Almal wens my geluk oppad kleedkamers toe waar ek skarrel vir my droë klere.

Uiteindelik in droë klere is ek heavy lus vir ’n smoke.

Wag… wat? Ek is dan nou vry van die verslawings en sonde van my vorige lewe. Hoekom voel ek dan nie anders nie?

In die maande en jare wat gevolg het, het ek met die Here hieroor gepraat en geworstel. Eers jare daarna het Jesus met my ’n vergelyking kom deel.

’n Man in ’n tronk

Na baie jare se tronkstraf word ’n man uiteindelik vrygelaat. Die tralies word oopgeskuif en hy hoor: “Jy is vry!”

Die man bly sit. Hy voel lam en kan nie beweeg nie. Hy vra homself af: “Hoe lyk dit daar buite? Hoe moet ek optree? Wat as mense “die nuwe ek” nie aanvaar nie?

Hoe tree ’n eks-krimineel op? Wat as ek dit nie regkry nie en maar net weer die ou slegte dinge doen? Dan sal almal sê: “Sien! Eenmaal ’n krimineel, altyd ’n krimineel!”

Die man het nie uit sy sel uitgegaan nie. Daarbinne het hy alles geken, elke baksteen en elke kraak in die koue sementvloer. Die sel was vir hom ’n gemaksone wat ongekompliseerd en veilig was.

God het my vrygemaak, maar net ek self kon kies om vry te wees. Hy het die seldeure vir my oopgemaak, maar ek moes self opstaan en uitloop. Ek moes self die onbekende instap en waag om te misluk omdat ek nie weet hoe vryheid werk nie.

Maar wanneer die mense vir my sê: “Sien! Ons het geweet jy is maar net ’n sondaar wat altyd ’n sondaar sal bly!” Dan vat Jesus my aan albei skouers en sak af tot hy my vierkantig in die oë kyk en sê: “Nee, jy is my Vader se geliefde dogter. Ek het self duur vir jou aan die kruis betaal. Jy is nuut. Jy is heilig. Jy is deur my bloed vir altyd skoongewas en vlekkeloos in my Vader se oë.”

Bron: eKerk Vrouenuusbrief – http://blog.ekerk.org/