Om oor die heining te loer: ‘n Mosambiek storie

Ladien Liebenberg was deel van die groep jongwerkendes en studente wat Junie-maand by Francois & Alta gaan kuier het. Ladien is 30, woon in Kaapstad en werk by Media24.
“Beyond our ideas of right-doing and wrong-doing,
there is a field. I’ll meet you there.
When the soul lies down in that grass,
the world is too full to talk about.
Ideas, language, even the phrase ‘each other’
doesn’t make sense anymore.” – Rumi
Om te verstaan waarheen ek nou op pad is met hierdie storie, moet jy weet waar dit vandaan kom.
In Junie hierdie jaar was ek een van die gelukkige 32 wat Mosambiek saam met Stellenbosch Gemeente kon besoek. Ek wou nog altyd Mosambiek toe gaan en nog altyd ‘n uitreik doen (wat ek toe nou uitvind is eintlik ‘n inreik) en aangesien ek gebrand het vir ‘n bietjie avontuur is hierdie mos nou die ideale geleentheid!
Kyk, ‘n meer diverse groep kon jy nie kry nie – en toe moet ons nog met ‘n vreemde kultuur ook “deal”. Snaaks hoe jy dink jys als gewoond as jy al bietjie getoer het in die Weste en die Ooste. Maar niks kan jou voorberei vir Afrika nie. Hier moes ons saam as ‘n groep werk en jyself en jou eie behoeftes en verwagtinge moet nou aanpas by hierdie “groep” mense wat jy nie ken nie, wat jou nie eens ken nie. Maar ons het ‘n rede gehad – en daardie rede was sterk genoeg dat ons URE op ‘n bus deur gevaarzones en AK47s oorleef het. Soos die laaste deel van die quote se – “each other” maak nie meer sin nie, want ons is was eweskielik “together” – een woord, een eenheid.
Ons bond met die Mosambiekers – verby taal, verby kultuur, verby verskillende idees, – skop ons sokkerballe, eet vuil-handjie naartjies, hou kerk, bou huis, luister stories, pomp water, hou atletiekdag!
So – terug by die huis is daar so knaende gevoel van “disconnectedness”, ironies, want jou foon, i-pad, i-pod en rekenaar werk weer!
Eerlikwaar het ek eintlik net ‘n verskoning gesoek om nog bietjie aan Mosambiek vas te hou – ek word 30 (eeekk) en aangesien ek regtig als het wat ‘n mens kan toedraai is daar kleintjies bietjie verder oos van ons, wat vir dae aaneen dieselfde klere moet dra! En hier spring die “eenheid” in – ons reel ‘n party, lekker – dieselfde doel! Ons kook, maak musiek, nooi mense en daar samel ons R12 000 in. Nou kan ons “skooldrag” vir hierdie kleintjies koop – en nou kan hulle ook soos ‘n eenheid voel.
Daai holrug-geryde gesegde wat se jy kry meer terug as jy gee as wat jy ontvang is SO waar. Om deel te wees van iets groter as jy, om te kan weet jy maak erens iemand se hartjie bly is beste “high” ooit!
In die begin het ons dalk verskillende redes gehad hoekom ons gegaan het, maar aan die einde het ons dieselfde gevoel saam huistoe gebring. ‘n Gevoel van dankbaarheid en eensgesindheid in ons hart vir die mense van Afrika.
Nuutste Stories
-
SG Storie | Oor Cecilia
Oor Cecilia
Die eerste keer wat ek haar ontmoet het, het sy ‘n blomrok gedra. Dit het sag om haar ..
-
Boekvoorstel deur Jurgens Hendriks
Jurgens stel hierdie week twee boeke voor. In Leadership or Servanthood? Walking in the steps of Jesus, skryf Yung Hwa ..
-
SG Storie | Jurgens Hendriks
Oor Wysheid
Hoe ouer ek word hoe minder verstaan ek. Wat is ware dienskneg leierskap byvoorbeeld? Jurgens Hendriks verduidelik dit ..
-
SG stories | Oor Meer en minder
Oor meer en minder
Verlede week kuier ons in die kerkkantoor sitkamer saam met Francois en Alta Rauch. Hulle vertel ..
-
Gemeentestories | Oor Mama Louise
deur Liesl Cronje
Mama Louise sê altyd dat jy nie jou gesig êrens kan wys as jy nie bereid is ..