Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 24/05/2016

Scroll to top

Top

Nee, ons doen aansoek by jóú!

Nee, ons doen aansoek by jóú!

deur Dewaldt de Kock

 

In die ou dae, seker vandag nog, doen jy aansoek by gemeentes om deel te word van ‘n bediening.

Dink ‘n bietjie na oor die teenoorgestelde: Gestel die gemeente moet by jóú aansoek doen om deel te mag wees van jóú bediening?

Rob Bell skryf in Velvet Elvis “… the most powerful things happen when the church surrenders it’s desire to convert people and convince them to join. It is when the church gives itself away in radical acts of service and compassion, expecting nothing in return, that the way of Jesus is most vividly put on display.”

Oral om ons sien ons hoe Jesus deur gewone mense werk, en ons wil dit celebrate! Dit impliseer dat die betaalde personeel van ‘n gemeente se werk, en uitkyk, aansienlik moet verander. Dit vra dat die personeel die gemeente bemagtig om God se werk buite die grense van Sondagdienste en formele kerkaktiwiteite raak te sien. Tweedens behels dit die bemagtiging van ‘n gemeente om die Here se werk nog meer effektief en gehoorsaam te doen.

Lukas 9 verduidelik iets van hierdie beweging wat in ons bewerkstellig moet word.

Lukas 9:49 Toe sê Johannes: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdryf, en ons het hom probeer keer omdat hy U nie saam met ons volg nie.”

Waarmee hierdie man besig is, sal meeste van ons saamstem, is ’n goeie ding! Hoe minder bose aan die werk is in my lewe, hoe beter is dit vir my. Johannes is dus bekommerd dat hierdie persoon mense vrymaak van die bose. Waarom?

Johannes beleef ’n uitdaging; hierdie man is nié een van Jesus se amptelike dissipels nie.

Johannes, een van die amptelike dissipels, sê: Ons het ‘n man gekry wat duiwels uitjaag in U naam en ons het probeer om hom te stop. Want hy is nie deel van die vasgestelde groep nie, Hy is nie een van ons nie. Hy het nie een van ons uniforms aan nie. Besef jy dit Jesus, weet jy van al die goeie dinge in u naam aangaan?

Jesus se reaksie is briljant.

Lukas 9:49. Maar Jesus sê vir hom: “Moet hom nie keer nie, want wie nie teen julle is nie, is vir julle.”

Word Jesus bedreig deur hierdie man?
Lyk Jesus enigsins bekommerd oor wat hier gebeur?

Jesus se reaksie is nie: Stop hom, want hy is nie deel van ons groepie/span/gemeente nie.

Nee Jesus se reaksie is: Dalk is ons span groter as wat jy gedink het.

Daar is twee benaderings in hierdie verhaal, wat vandag nog in gemeentes kan kop uitsteek.

Godsdienstige (negatiewe) benadering VS die Jesus benadering

1. VREES teenoor VREUGDE
• By die Dissipels is daar baie vrees wanneer God buite die grense van hulle verstaan werk.
• Vir Jesus is daar Vreugde oor waar God buite die grense werk.
• Die Dissipels het ’n bepaalde idee van hoe God werk, en binne sekere grense.
• Jesus is oop vir die beweging van God

2. GOD WAT EK BEHEER teenoor GOD WAT NIE BEPERK KAN WORD NIE

Die Dissipels se God word al hoe kleiner, want nét hulle kan deur God gebruik word.
Vir mense soos die Dissiples moet dit ’n offisiële bediening van die gemeente wees en in die afkondigingsblaadjie gesit word. Daar is definitiewe grense.

Vir Jesus word God al groter en die grense waar hy werk word al hoe groter.

TREVOR HUDSON – GOD IS WILD, HE CAN NOT BE CAGED

Die Dissipels vra: Hoe beheer ons dit? Hoe stop ons hulle?

Jesus vra: Hoe kan ons beheer vir God oorgee? Hoe kan ons alles in plek kry dat die almagtige God kan werk?

Die Dissipels sê: “ons het hom probeer keer”
Jesus sê: “wie nie teen julle is nie, is vir julle.”

Om ’n Christen te wees en om nooit bedreig te word deur dit wat God in ’n ander gemeenskap doen nie. Om ’n gemeente te wees vra van ons dieselfde!

Daarom het ons met die uitleefbediening begin. Hierdie bediening vra waar beweeg die Here en hoe kan ons as gemeente deel hiervan wees?

Indien jy van stories van God se beweging weet, of soos Rob dit beskryf, “radical acts of service and compassion”, kom gesels met ons, ons sal dit graag wil opvolg.

Stuur gerus ’n e-pos aan my!

Dewaldt is deel van SG se leierspan & bedieningsleier van die gemeente se Uitleefprojekte.