Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 27/09/2016

Scroll to top

Top

‘n Mosambiek storie – Esbé Dippenaar

‘n Mosambiek storie – Esbé Dippenaar

Junie is SG se Mosambiekmaand. Daar gaan jaarliks ‘n span by Alta en Francois Rauch in Mucombeze, Mosambiek kuier (die naaste dorp is Chimoio). Hulle word hulle vir ‘n week of wat deel van die Mozam ritme, ervaar, beleef, leer en word lief. Ons vertel graag ‘n paar stories uit vanjaar se, baie diverse groep. Die ouderdomme het gewissel van 17 tot iets in die 30 en het uit alle windrigtings saamgetrek, van Stellenbosch tot Boksburg, Upington tot Port Elizabeth. Dankie vir elkeen wat deel was van die voorbereiding, gee en voorbidding vir die groep, ons is dankbaar vir die deurlopende ondersteuning van ons uitreike. 

Esbé Dippenaar (20) swot B.ed Grondslagfase by CPUT se Wellington kampus

Dit is vir my baie moeilik om my ervaring van Mosambiek in woorde oor te sit of om selfs vir my vriende en familie te verduidelik hoe ek dit ervaar het. My Mosambiek ervaring is so half “sacred”. Ek dink omdat ek nog nooit in my lewe so iets ervaar het nie, weet ek nie lekker hoe om dit te beskryf nie.

Ek kan wel vir mense die volgende sê: Dit was ongelooflik. Ons groep het baie uitdagings saam deurgemaak, maar Mosambiek was so wow. Ek het in Mosambiek nie regtig geweet hoe hierdie trip nou iets in my lewe gaan verander nie, maar dit het, en ek sal Mosambiek en sy mense altyd dankbaar wees daarvoor.

Dit voel vir my of daar in Mosambiek nie rassisme is nie, mense gee in oorvloed, al het hul nie veel om te gee nie. Die mense in Mosambiek bid oor alles, en hulle is dankbaar vir alles. Liefde is die taal van Mosambiek en sy mense. Die mense in Mosambiek is nie bang om emosie te wys nie,

Mozam het my weer laat besef dat die klein vreugdes in die lewe alles die moeite werd maak. Dit was hartroerend om te sien hoe iemand ‘n waterpomp kry, en dat dit so groot gebeurtenis is, en ons neem water elke dag vanselfsprekend.

My hele Mozam journey het beslis verander toe ons die skool gaan besoek het. Dit is waar ek baie aanklank gevind het. Dit was vir my ongelooflik om te sien hoe gedetermineerd die leerders was om te leer, al is hul hulpbronne so beperk.

By die sportdag het ek op die grond gaan lê omdat ek sleg gevoel het. Ek sien toe ‘n paar van die kinders bespreek my en hulle hou so lap na my toe uit, maar ek verstaan toe glad nie. Hulle wou hulle mooi lap op die grond gooi, sodat ek daarop kon lê. ‘n Meisie kom sit toe later die dag by my. Sy het so ou lapsakkie by haar gehad. Sy haal toe ‘n naartjie uit haar sak en gee vir my meer as die helfte van haar naartjie. Hulle het so min, maar hulle gee sonder om twee keer te dink. Dit was vir my mooi, en dit was vir my kosbaar. Ek sal hierdie twee oomblikke altyd koester.

Mozam het my persepsie beslis verander. Ek het aangeleer om nie onsteld te raak oor klein onbenullighede nie. Die mense van Mozam kan lank wag voor hul huis klaar gebou is, of voor hul water kan kry, of hul eet net een keer ‘n dag ‘n groot maaltyd by die skool. Ons lewe in Suid-Afrika is so gejaagd. Als moet dadelik gebeur. Ons moet als dadelik kry. Ons kla oor alles. Ons wil nie klas toe gaan nie. Ons “judge” mense so maklik. Ons vat so baie goed as vanselfsprekend.

Dis ‘n groot aanpassing om terug te wees. Ek was op ‘n journey waar ek 24 uur ‘n dag omdring was deur liefde en dankbaarheid. Ek is nou terug waar ek weer in die roetine van my eie lewe moet aanpas. Een ding is anders, en dit is my manier van dink. My hart het agtergebly by die skool in Mosambiek. Ek is besig om ‘n idee in my kop te formuleer sodat die leerders wat sukkel met die skryf van letters ook dit makliker sal regkry, aangesien hulle geen hulpbronne of apparaat het nie. Al is ek net tweedejaar het ek besluit dit help nie ek sê vir myself: “Jy is jonk, jy kan nie iets bereik of help nie.” As almal so mentaliteit het gaan niks ooit in die lewe verander nie. Ek is gefrustreerd dat ek nie vinniger die wiel aan die rol kan sit nie, maar met die hulp van my vriende en oom Francois weet ek, al doen ek net ietsie kleins, en dit help een kind ook net ‘n bietjie, sal my hart gelukkig wees.  Ek is geditermineerd om te help in Mosambiek. Mosambiek het my gehelp, en my hart help genees. Ek is Mosambiek ewig danbkaar.

“Because when we love, we always stive to be better than we are” – The alchemist