Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 26/03/2023

Scroll to top

Top

Mosambiek Pelgrimstog // 18 Junie – 4 Julie 2020

Mosambiek Pelgrimstog // 18 Junie – 4 Julie 2020

[ Ons kanselleer nog nie hierdie Pelgrimstog nie ]

 

Daar is meer as een opsie vir jou (en jou gesin) om deel te wees van vanjaar se pelgrimstog na Vilanculos saam met Francois & Alta Rauch.

Gesels met Marissa, stuur ‘n epos vir meer inligting.

Hoe kan jou gesin deel wees van vanjaar se Pelgrimstog?

Jy en jou gesin kan met julle eie vervoer by ons aansluit in Vilanculos van Maandag, 21 Junie tot Maandag, 29 Junie. Ons kamp saam, eet saam en val saam in by die Mosambiek ritme saam met Francois & Alta.

Hoekom ‘n Pelgrimstog na Mosambiek?

In Stellenbosch Gemeente begin ons in 2019 ’n paar Pelgrimstogte. Die Mosambiek Pelgrimstog reis na die tropiese kusdorpie Vilanculos, net Noord van Inhambane, met ’n uitsig op die Bazaruto Archipelago. Dit is ’n plek waarheen die gemeente al vroeër jare saam met Francois & Alta Rauch ’n paar Uitreike gehad het. Die stories oor hierdie reise en ervarings oorrompel jou verbeelding en verlange om deel te word van sulke stories. Daarom het ons besluit dit is tyd om weer saam met Francois en Alta na Vilanculos te gaan.

 

(Kyk gerus waarmee dié twee inspirerende mense in Afrika en die res van die wêreld besig is Love Wins Africa)

 

’n Uitreik se benadering is, kortliks: meerderes besoek minderes, gaan help hulle wat my hulp nodig het, gaan gee, gaan vertel, gaan red, gaan verander…Uitreike het wonderlike dinge gedoen en opgerig. Uitreikers het wonderlike ervarings gehad en vertel altyd die storie dat húlle meer verander is as die verandering wat hulle gebring het. Daar is ongelukkig ook al meer stories vanuit die post-development kringe wat vertel van die skade wat hierdie uitreik-mentaliteit in ’n plek soos Afrika veroorsaak het.

 

Pelgrimstogte se benadering is anders: Pelgrimstogte is ’n doelbewuste geloofsreis met ’n ander gesindheid en ’n ander fokus. Pelgrims plaas hulself doelbewus in ’n postuur van ’n mindere, van ’n blinde wat wil sien, van iemand wat bekering/transformasie/groei nodig het. Pelgrims vra meer vrae as wat hul antwoorde gee. Pelgrims reik beslis hul hande na vreemdelinge uit — maar dit is omdat hulle glo hulle het nodig om, in baie opsigte, opgehelp te word. Hulle kom loop saam met ander, hule kom kyk deur ander se oë. Hulle help natuurlik, maar eers as hulle broers en susters is en nét as hulle mee-help aan reeds bestaande bewegings van God waartoe die gaste hul uitnooi.

 

Pelgrimstogte is ’n ou geloofsgewoonte wat begin het by die woestynvaders o.g.v sekere Bybelse reise Abraham, Moses, Jona, Jesus, Emmausgangers, Paulus. ’n Pelgrimstog was die kies vir ’n reis gestroop van gerief, self, die bekende…op die spore van voorgangers, oor sekere grense met die verwagting dat jy ’n persoonlike metamorfose sou ondergaan. ’n Lewensveranderende geloofsreis. Soekend, oop, onseker, afwagtend, wakker, broos, eerlik, ’n gas…

 

Ek glo dat ek nog ’n klomp bekerings in my lewe nodig het. Hoe ek God, myself, die ander en die lewe sien. Ek glo dat my lewe híér, waar ek elke dag leef, dalk net verander kan word deur ’n doelbewuste beweging saam met ander na dáár, waar die vreemdheid vêr genoeg van my alledaagsheid is; waar ek regtig gestroop is. Ek glo dat intensionele geloofsreise na vreemdelinge aan die ankerkant van ’n verskeidenheid grense steeds deur die Gees gebruik word om mense se alledaagse leef te transformeer. Ons wil jou uitnooi om deel te word van so ‘n reis.

 

“The object of pilgrimage is not rest and recreation – to get away from it all. To set out on a pilgrimage is to throw down a challenge to everyday life.” — Huston Smith

 

“Faith is not the clinging to a shrine but an endless pilgrimage of the heart.” ― Heschel

 

“The purpose of a pilgrimage is about setting aside a long period of time in which the only focus is to be the matters of the soul. Many believe a pilgrimage is about going away but it isn’t; it is about coming home.” Browning

 

“Pilgrimage to the place of the wise is to find escape from the flame of separateness.” —Rumi

 

“Life is a long pilgrimage from fear to love.” — Paulo Coelho

 

‘n Paar fotos en die 2015 video van ons eerste Inreik na Vilanculos!