Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 24/05/2017

Scroll to top

Top

Mmmm…Huweliksnaweek!

Mmmm…Huweliksnaweek!

Vol bespreek!

Vir die eerste keer in baie baie jare bied ons ‘n huweliksnaweek aan, weg van roetine, weg van kinders, weg van enige iets wat julle aandag aftrek van julle huwelik!

Mmmm… Huweliksnaweek

Mmmm… is die klank wat jy maak as jy tevrede is. Soos ‘n kat wat purr. Of die klank wat jy maak wanneer jy ’n happie heerlike kos in jou mond sit.

  • 9-11 Junie 2017
  • By Heaven’s View Mountain Resort naby McGregor
  • R2 750 per paartjie en sluit verblyf en alle etes en ’n paar Mmmm…lekkertes

 

Wat dit nie insluit NIE

  • Vervoer na en van die kamp
  • Eie beddegoed
  • Wyn en wynglase
  • Sak hout vir kaggel maak

Die fokus van die naweek is om oorvloed en konneksie in ons huwelik te vier, seksualiteit en sensualiteit gaan gevier word. Praktiese vaardighede om daagliks konneksie te ervaar, lewe in jou huwelik aan te vuur!

Dewaldt & Suzelle de Kock en Zieg & Petro Weber, opgeleide Imago huweliksfasiliteerders, vorm saam die fasiliteringspan vir die naweek!

Daar is plek vir 16 paartjies, bespreek vinnig julle plek! Privaat, en-suite kamers.

Om ‘n plekkie vir julle te verseker kan jul ‘n deposito betaal van R500 en die res is betaalbaar voor of op Donderdag, 1 Junie 2017.

 

Bankbesonderhede:

  • ABSA Tjek | Stellenbosch Gemeente | 4073778884
  • Verwysing: Mmmm en jul van
  • Bewys van betaling na Sandra – groei@sg.org.za

 

Please wait...