Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 15/10/2019

Scroll to top

Top

Legacy Community-dag | 23 Februarie

Legacy Community-dag | 23 Februarie

By die Legacysentrum word daar weeksdae hard gewerk aan ‘n toekoms en drome van 180 kinders uit die Kayamandi-gemeenskap.

 

Agter die skerms het hierdie projek, wat oor die afgelope twintig jaar gegroei en ontwikkel het, ‘n bietjie TLC nodig.

 

Ons nooi jou, jou kleingroep, jou gesin of vriendekring om een van die 7 klein projekte julle eie te maak.

 

Hoe werk dit?

– Jy/julle kies ‘n projek vir die oggend

– Julle bring self al die benodighede (ons gee ‘n riglyn)

– R50 is vir middagete

– Bring jou eie water/koeldrank

 

Ons gaan ook saam eet en kuier, die Legacy personeel ‘n bietjie beter leer ken.

 

Stuur ‘n epos na Marissa info@sg.org.za om deel te word van een van die oggend se projekte.