Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 03/12/2020

Scroll to top

Top

Kids & Covid | Hoe praat jy oor emosies?

Kids & Covid |  Hoe praat jy oor emosies?

deur Monique Barnes

 

Die jaar het ons geleer dat daar op enige stadium onverwagte gebeurtenisse kan plaasvind in ons lewe. Jou kind gaan soms deur moeilike tye gaan, dit is onvermydelik. Dit is daarom belangrik om te weet hoe om met jou kind oor sy of haar emosies te gesels.

Ek gebruik graag die volgende metafoor om vir kinders te verduidelik hoekom dit belangrik is dat ons binne ons gesin praat oor emosies:

Wanneer ‘n gaskoeldrank-botteltjie val en jy dit dan vining oopmaak sonder om aandag te gee aan die opgeboude gas, sal dit sekerlik “ontplof” en oorloop. Maak jy dit egter versigtig oop, ontsnap die gas bietjie vir bietjie en vermy jy die “ontploffing”. So is ons as mense. Net soos met die gaskoeldrank-botteltjie, bou emosies binne ons op. As ons kies om dit te ignoreer, is die kans goed dat hierdie emosies “ontplof en oorloop”. As ons weet hoe om daaroor te praat, is dit soos om elke dag die gas bietjie vir bietjie uit te laat.

Hoe praat ek met my kind oor emosies? 

Begin die gesprek as ouer en verduidelik die volgende:

Almal ervaar daagliks emosies – dit is normaal.

Emosies kom en gaan – jy gaan nie altyd voel soos jy vandag voel nie.

Daar is nie goeie of slegte emosies nie – hoe emosies uitgedruk word, is belangrik.

Dit is belangrik dat ons praat oor ons emosies.

Maak `n speletjie waar almal in die gesin een minuut kry om elke emosie waaraan hul kan dink neer te skryf. Kyk wie kan die meeste identifiseer en plak die emosies op teen die yskas.

Begin om emosiewoorde gereeld te gebruik – “My dag was lekker, maar toe iemand in die verkeer voor my in ry, het ek kwaad gevoel”.

 

Maak dit roetine om aan die etenstafel een emosie te noem wat jul daardie dag ervaar het.

 

Help jou kind om emosies te identifiseer. ‘n Maatjie was dalk lelik met hul. Jy kan reageer deur te sê:
“ Ek kan dink dat dit jou harsteer laat voel het”

 

Maak saam met jou kind `n emosie plan. Dit behels om maniere te lys hoe om `n emosie te hanteer.

Byvoorbeeld:

As ek kwaad voel kan ek… As ek hartseer voel kan ek….
Gaan oefen Na musiek luister
`n Bal skop Dit neerskryf in my dagboek
Skree in my kussing in Daaroor bid
`n Koue stort vat Iets doen wat vir my lekker is, soos teken
Diep in en uit asem haal Met my troeteldiere speel
Met iemand daaroor praat Met iemand daaroor praat
Dans op my gunsteling liedjie My gunsteling boek lees