Jou uitnodiging
Ons hoop om vanjaar ‘n ruimte te skep vir vrouens om saam te groei, vrae te vra, te kuier en kreatief te wees. Ons nooi jou uit na ‘n jaar reis van 4 saamwees-geleenthede, een elke kwartaal. Jy hoef nie al vier by te woon nie, en as jy een (of twee) mis is dit nie die ergste nie, maar dit sal lekker wees om ‘n jaar lank as ‘n groep vrou saam te reis. Enige iemand is welkom, dit is nie eksklusief vir SG gemeentelede nie.
Ons inspirasie vir die jaar se temas is Brian Draper se 4 stappe van ‘Spiritual Intelligence: A New Way of Being’ en SG se visie…gooi kleur en tekstuur by en die reis saam word kleurvol en kreatief. Die goue draad deur hierdie temas is om in voeling te kom met ‘hier’ wees. Wat om te verwag… Kyk gerus na die preke op Youtube van 24 en 31 Januarie 2021. Ons eerste byeenkoms, 27 Februarie 2021, sal ‘n Zoom-geleentheid wees. Ons gaan dit bietjie anders benader as ‘n gewone Zoom-afspraak, meer interaktief en met tyd vir kreatiewe insette. Ons sal dan ook ‘n whatsappgroep stig om deur die loop van die sessies, en jaar, foto’s op te laai van inspirasie en wat julle kreatiwiteit oplewer. Ons temas:
Ons vroue se visie vir die jaar is: Jy kan RSVP na: Sandra – groei@sg.org.za of Liesl – liesl@sg.org.za |