Image Image Image Image Image Image Image Image Image Image

'n lewe wat IETS BETEKEN | 26/03/2023

Scroll to top

Top

Inspirare |

Inspirare |
INSPIRARE
“FORGET ABOUT THE FUTURE…LET’S GET ON WITH THE PAST.” 
– STING

aangebied deur André Serfontein

Die verlede gebeur met ons almal.

Dis egter moeilik om die verlede in die verlede te los; dit beïnvloed ons huidige realiteit, asook ons toekoms. Ons is nie altyd bewus van die impak van die verlede nie. Wanneer die verlede ’n positiewe invloed op ons het kan ons wegkom met hierdie onbewustheid. Dis wanneer die verlede ons lewens negatief beïnvloed dat ons nodig het om te ontwaak, en verantwoordelikheid te neem vir die storielyn van ons lewens.

  • Hoe raak ons bewus van die impak van die verlede?
  • Hoe verwerk ons die verlede op só ’n wyse dat dit nie ’n desktruktiewe invloed in die hede het nie?
  • Hoe vorm ons ’n nuwe prentjie van die toekoms?

Tydens hierdie 3-sessie-werkswinkel gaan ons fokus op ’n toekoms wat daarin geslaag het om die verlede in perspektief te plaas. André gaan ’n paar perspektiewe deel op die verlede, die hede én die toekoms – gesien deur die lens van Christen spiritualiteit. Maar ons gaan REGTIG sáám probeer ontdek hoe om vrede te maak met die verlede. Met baie genade.


Datum, tyd & plek:
26 Februarie, 5 Maart, 12 Maart (deelnemers moet verkieslik al 3 sessies bywoon) – by die KERKKANTOOR, Heroldstraat 15.
Tye: 18:00 – 20:00

[ RSVP asseblief hier ]

INSPIRARE
DIE BYBEL: ‘N BOEK VAN WONDER(S)?!
aangebied deur Pieter Roeloffse

Hoe sien jy die Bybel? ’n Lig op jou pad; ’n Ambeeld wat baie hammers oorleef het; ’n Loergaatjie op die misterie van God; ’n Gallery van familie-foto’s in die voorportaal; ’n Boegbeeld; ’n Lens; ’n Deur; ’n Wapen; ’n Storie; ’n Bergpoel; ’n Spens…

Het die Bybel, ‘n pre-moderne boek, in ’n Google-Wikipedia-ChatGPT wêreld, regtig nog iets vir ons te sê? Indien wel, wat (én wat nie)? Indien wel, hoe (en hoe nie)? Ons raak al meer vaardig met rekenaar taal, kodes en algoritmes…maar hoe lyk die kuns van Bybel lees en leef vandag?

’n Inspirare werkswinkel van 3weke om ’n eerlike greep op die Bybel te kry en in die greep te kom van woorde wat mens word, lewe gee en ’n hele nuwe wêreld skep.


Datum, tyd & plek:
26 Februarie, 5 Maart, 12 Maart (deelnemers moet verkieslik al 3 sessies bywoon) – by LAERSKOOL STELLENBOSCH
Tye: 18:00 – 20:00

[ RSVP asseblief hier ]